Sterre en Planete nou in boekvorm


Die prag en grootsheid van die heelal was nog altyd vir die mens ‘n misterie, een wat hom verwonderd laat. En te oordeel aan die gewildheid van RSG se program Sterre & Planete, is daar ‘n toenemende belangstelling in wat in die ruimte aangaan en hoe die aarde en ons as mense daarby inpas. ‘n Samevatting van hoogtepunte uit die radioprogram Sterre en Planete verskyn nou ook in boekvorm.

Die boek Sterre en Planete bied vir amateurs én kenners ’n blik op en ontleding van ’n studieveld wat tegelyk wetenskap en verwondering is. Daar is ook ‘n klompie pragtige volkleurfoto’s ter illustrasievan sekere verskynsels.

Sterre en Planete word uitgegee deur Naledi en is beskikbaar by boekwinkels.

Sms die woord STERRE na 41199 om jou boek te bestel, betyds vir die kerskous. Die boek is gebaseer op die radioprogram Sterre en Planete wat Sondagaande om half agt op RSG uitgesaai word.

  • In die boek is daar ‘n kort historiese oorsig van Sterrekunde, die baanbrekers in die sterrekundewêreld, die groot teleskope, Ruimteteleskope,
  • Diepruim navorsing, sterrekunde in Suid-Afrika (die rol van teleskope soos SALT en SKA).

Die deelnemers is Prof Matie Hoffman van die Fiskika Departement aan die Universiteit van die Vrystaat, die Digitale Planetarium en die Boyden Sterrewag, Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium, Kobus Olckers, ‘n sonweerkundige in Florida, Amerika en dr Japie van Zyl, Direkteur van Sonnestelsel eksplorasie by die Jet Propulsion Laboratory van Nasa in Kalifornië. Die boek se redakteur is die programleier van Sterre en Planete, Hennie Maas.