Afrikaans.com: 1e wenners op 31 Augustus aangewys


Nog net drie weke voor die eerste wenners aangewys word
Dit roer en raas op Afrikaans.com, want daar is nog net ‘n week voor die eerste wenners in hierdie drie-fase ‘Hoe lyk die lekker van JOU Afrikaans”- kompetisie aangewys word.

Die beste foto, video en skryfsel uit die hart word op 31 Augustus gekies en op 10 September is hulle bekend! Hierdie wenners dring deur na die finale rondte vir die groot prys van R10 000 wat in November aangekondig word. Of dit nou ‘n braaivleisvuur of stof tot diepe nadenke is … of dit nou die lekkerkryonthou van jou kinderjare is, ’n uitdrukking, nuwe woord, jou gedig of ‘n plek wat jy NET in Afrikaans kan beskryf … hier is jou kans! Doen jou ding in Afrikaans – wys ons die lekker van jou Afrikaans. Wat roer jou? Wat raak jou? Jy kan tot R10 000 WEN. Dis maklik. Hier is die skakel: http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings

Reeds meer as 40 000 unieke besoekers binne 3 maande
Mense wyd en syd deel die lekker van hulle Afrikaans op Afrikaans.com en na net minder as drie maande het die Afrikaans.com-webtuiste bykans 40 000 unieke besoekers, meer as 600 ‘Hoe lyk jou Afrikaans-inskrywings’, met meer as 10 000 stemme vir die gunsteling!

Afrikaans.com het 4 000 plus Facebookvriende – en dis hier – op sosiale media waar almal wat lief is vir Afrikaans die taaltango dans! In vergeleke met Februarie vanjaar toe alles oor Afrikaans gelaai was met swaar emosie oor ras en politiek is daar ’n handomkeer verandering wat gekenmerk word deur positiewe merkers soos #Afrikaans en my Afrikaans wat nou woordwolke in die kuberruim uitvul en opbol. Welkome reën vir die Afrikaanse landskap!

Kyk bietjie hier …

Vir Pheladi Riba is Afrikaans ’n obsessie! http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|83A9F571A45E7ED458B5BD40F82620A5

Ilka Steyn: My Afrikaans, my wêreld. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|12E3D22192CEBEEAEB763B2CBAF34C65

Esmarie Cloete wys vir ons Bollywood in Afrikaans! http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|35AE678DCBA522F8E6838D03ADC61560

Andre Duvenage beskryf die liefde in Afrikaans! http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|99BCD16A1594D99A2A869DABA7C8AFF6

Fred Slippers se gedig vir Afrikaans. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|18250F2AC3B37C574302149FC1C13F8E

“Ek kan lees in my taal” – Texeira van Wyk. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|9FFD0EC8D6E88D0C874DF81E72988AC5

Mosotho-man skryf in Afrikaans – Khoeli Pholosi. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|74CA6D1D10252D3DDA75FEB2D9158ACD

‘Afrikaans is pragtig’ – Barry Pretorius. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|DBBB8CC65B5EF7238A390072E6CF9929

‘Jou het ek lief bo alles’ – Hantie Kruger. http://www.afrikaans.com/wen/inskrywings#sien-meer|DBBB8CC65B5EF7238A390072E6CF9929