Hoe soek ek ‘n program op potgooi?

Dit klink dalk met die eerste opslag vreemd as ‘n omroeper sê “gaan soek dit net op potgooi en luister weer.” Dit is makliker as wat dit klink.

(En só maak mens van Ooggetuie gebruik. Luister hier.)

Só maak jy om byvoorbeeld weer te luister na ‘n bespreking wat op Gesondheid op RSG uitgesaai is. Die beginsels van soek en vind geld vir alle programme wat jy weer wil luister.

Stap 1:

Gaan na www.rsg.co.za en kyk na die boonste navigasie strook. Gaan met jou pyltjie na 'Potgooi'.

Gaan na www.rsg.co.za en kyk na die boonste navigasie strook. Gaan met jou pyltjie na ‘Potgooi’.

Stap 2:

As jou muis oor Potgooi beweeg, verskyn ‘n boksie met twee opsies: Web en Selfoon. Kies een. Ons gaan verder die Web-weg volg.

As jou muis oor Potgooi beweeg, verskyn ‘n boksie met twee opsies: Web en Selfoon. Kies een. Ons gaan verder die Web-weg volg.

Stap 3:

Sodra jy op die WEB opsie klik, maak die Potgooi bladsy oop. Gaan na die pyltjie wat aandui in watter onderafdelings jy kan gaan soek, en rol met jou muis daaroor.

Sodra jy op die Web-opsie klik, maak die Potgooi bladsy oop. Gaan na die pyltjie wat aandui in watter onderafdelings jy kan gaan soek, en rol met jou muis daaroor.

Stap 4:

Die lys met al die onderafdelings waar jy kan gaan soek, is nou oop voor jou. Kies die afdeling waar die program uitgesaai is, om verder te soek. Byvoorbeeld, soek programme wat in Gesondheid op RSG uitgesaai is. onder Gesondheid. As jy ‘n insetsel soek soos bv Brabbeltyd wat in Oggend op RSG uitgesaai is, maar daar is nie 'n Brabbeltyd onderafdeling nie, selekteer dan Oggend op RSG. Dit geld ook vir insetsels wat in Middag op RSG of in Tjailatyd uitgesaai is. Maar vir verdere doeleindes soek ons 'n spesifieke gesondheidsprogram.

Die lys met al die onderafdelings waar jy kan gaan soek, is nou oop voor jou. Kies die afdeling waar die program uitgesaai is, om verder te soek. Byvoorbeeld, soek programme wat in Gesondheid op RSG uitgesaai is, onder Gesondheid. As jy ‘n insetsel soek soos bv Brabbeltyd wat in Oggend op RSG uitgesaai is, maar daar is nie ‘n Brabbeltyd onderafdeling nie, selekteer dan Oggend op RSG. Dit geld ook vir insetsels wat in Middag op RSG of in Tjailatyd uitgesaai is. Maar vir verdere doeleindes soek ons ‘n spesifieke gesondheidsprogram.

Stap 5:

Jy het nou GESONDHEID uit die lys geselekteer. Klik nou op SOEK. Die Gesondheidsprogramme verskyn nou van nuutste tot oudste. As die program wat jy soek, nie op die eerste oop bladsy is nie, kan jy op bladsye 2, 3, 4 ens gaan soek. Altenatiewelik kan jy 'n GEVORDERDE SOEK doen met of die datum waarop die program uitgesaai is, of ‘n soekwoord wat pas, bv hart, artritis ens.

Jy het nou GESONDHEID uit die lys geselekteer. Klik nou op SOEK. Die Gesondheidsprogramme verskyn nou van nuutste tot oudste. As die program wat jy soek, nie op die eerste oop bladsy is nie, kan jy op bladsye 2, 3, 4 ens gaan soek. Altenatiewelik kan jy ‘n GEVORDERDE SOEK doen met of die datum waarop die program uitgesaai is, of ‘n soekwoord wat pas, bv hart, artritis ens.

Stap 6:

Sodra jy die program gevind het wat jy weer wil luister, het jy drie opsies: Laai af, Teken in met iTunes of Luister. Vir Luister klik jy bloot op LUISTER en luister daar en dan. Andersins kan jy op iTunes klik en inteken. Ons kies sommer die opsie LAAI AF, want dan is dit op jou rekenaar en jy kan enige tyd weer luister.

Stap 7:

Nadat jy op LAAI AF geklik het, verskyn die blokkie op jou rekenaarskerm: Jy kan nou of die klankgreep oopmaak en luister of op jou rekenaar aflaai as jy later eers wil luister. Ek het SAVE FILE gekies en toe op OK geklik.

Stap 8:

Die klankgreep is afgelaai op my rekenaar, en is in die file DOWNLOADS. Dit is heel eerste in die lêer omdat die verstelling op my rekenaar sodanig is dat die toepassing wat laaaste afgelaai is, eerste sal opwys.

Die klankgreep is afgelaai op my rekenaar, en is in  DOWNLOADS. Dit is heel eerste in die lêer omdat die verstelling op my rekenaar sodanig is dat die toepassing wat laaaste afgelaai is, eerste sal opwys.

Stap 9:

Nou sleep jy bloot die klankgreep na jou DESKTOP of na waar jy dit ookal in jou rekenaar wil stoor.

Nou sleep jy bloot die klankgreep na jou DESKTOP of na waar jy dit ookal in jou rekenaar wil stoor.

Stap 10:

Klik op die klankgreep logo sodra jy gereed is om daarna te luister of weer te luister.