RSG ondersteun Projek Winterhoop


RSG gee om vir ons mense wat hierdie winter buite in die koue gelaat word.

RSG is trots om met Winterhoop geassosieer te word, en weer vanjaar van 1-20 Junie te ondersteun.

Winterhoop

Luister na die klankgreep oor Projek Winterhoop:

PROMO WINTERHOOP

Winterhoop is 15 jaar gelede begin en betrek die publiek by ‘n spontane insameling van nie-bederfbare kos, baadjies, serpe en komberse om gedurende die snerpende koue aan die nood van armes te voorsien. ‘n Groot aantal welsynsorganisasies, onder meer PEN (PTA), MES (JHB, Kaapstad, PE , Kempton Park), lsinkwa Setheku (KwaZulu-Natal) en Torings van Hoop (Bloemfontein), neem landswyd deel aan die projek.

Elke jaar word ‘n nasionale veldtog van stapel gestuur waar die publiek uitgenooi word om ‘n verskil in diegene se lewe te maak wat dit nie self kan bekostig nie. Hierdie jaar word die publiek weer aangemoedig om goeie kwaliteit baadjies, komberse, serpe en nie-bederfbare kos in te samel en aft e laai by een van 200+ punte landswyd.

Fondse wat ingesamel word, word onder die hooforganisasies verdeel ter ondersteuning van hul dienste aan die minderbevoorregte gemeenskappe in hul omgewing in Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein, Kaapstad, Kempton Park, Port Elizabeth en Durban. Die goedere wat ingesamel word sal onder andere aan die hooforganisasies voorsien word om uit te deel aan hierdie betrokke gemeenskappe. Die publiek word ook aangemoedig om di twat ingesamel word, self uit te deel aan behoeftiges en hul storie op Winterhoop se Facebook-blad ted eel. Skole word ook genader om “badges” te koop waarvan R5 van elke “badge” aan die betrokke skool se hulpfonds geskenk word en die ander R5 van elke “badge” aan die Winterhoop veldtog geskenk word.

RSG nooi elke luisteraar uit om verhoudings te bou, erkenning te gee en op ‘n tasbare manier liefde aan ander te wys, sonder verwagting om geprys of raakgesien te word. Raak betrokke by Winterhoop vandag.

Vir meer besonderhede, gaan na www.winterhoop.org of gaan na Winterhoop op Facebook. Luister ook gereeld na RSG gedurende die tydperk van 1-20 Junie vir meer besonderhede en stories oor hoe Winterhoop ‘n verskil in mense se lewens maak.