RSG se tweede boks is hier: Meer as R1000 se kosdinge vir R480!


Daar is teen hierdie tyd seker nie meer ‘n luisteraar wat nie weet van die RSG Boks nie. Dis ‘n konsep waar jy inskryf op die RSG Boks, sonder dat jy weet wat daarin gaan wees. Dit is dus ‘n verrassingsboks. Al wat jy weet, is dat dit ‘n boks is met dinge wat te doen het met kook en bak en wat die waarde van die inhoud is.

Agtergrond en eerste boks
Kos en eet is groot by RSG-luisteraars. Hiervan getuig die daaglikse besoeke aan die resepteblad op rsg.co.za. Om dié rede het ons besef die RSG Boks gaan ‘n treffer wees. Die eerste RSG Boks is in November verlede jaar bekendgestel en in Desember, net betyds vir Kersfees, by luisteraars wat ingeskryf het daarvoor, afgelewer.

Die waarde van die inhoud was R1300 en die inskryfgeld maar slegs R480. ‘n Gelukkig luisteraar het op die koop toe ook ‘n Defy-yskas en Defy-mikrogolfoond ter waarde van R10 000 gekry.

Só werk die RSG Boks-konsep
Die RSG Boks-konsep is ‘n subskripsie-konsep. Jy skryf daarop in soos wat jy op jou koerant inskryf. Dan kry jy elke kwartaal ‘n verrassingsboks vol aanloklike kos- en bakdinge – afgelewer op jou drumpel of as jy so verkies, kan jy dit gaan ahaal by jou naaste Postnet.

Elke RSG Boks bevat altyd ‘n minimum van 10 verskillende kook-, bak- en smulprodukte en die kleinhandelwaarde sal nooit minder as R1000 wees nie.

Jy kan al die produkte in die boks self gebruik, of jy kan dit uitdeel as individuele geskenke vir verjaarsdae, Kersfees of sommer net. Baie mense het reeds die eerste 3 bokse as geskenke vir ander bestel.

Die opsie om ‘n eenmalige boks te koop is ook beskikbaar. Betalings kan elektronies (aanlynbetaling) of per krediet-/debietkaart geskied. Eenmalige aankope is R560, maar indien jy ‘n kwartaallikse subskripsie uitneem oor ‘n langer periode,kos die boks R480 per boks.

Die RSG Boks weerspieël ook die seisoene en daarom sal die tema van elke boks inpas by die maand waarin dit afgelewer word – Junie se boks sal meer op wintergeregte fokus,terwyl September se boks die lente gaan aankondi. Desember se boks is vir fees vier ens.

Daar is ‘n beperkte getal bokse elke kwartaal beskikbaar en dit kan slegs analyn bestel word by rsg.co.za deur op die boks prentjie onder die Wat Gebeur-afdeling te klik. Die RSG Boks is tans slegs in Suid-Afrika beskikbaar en jy kan soveel keer as wat jou hart begeer inteken.

Lees hier van die reaksies op vorige bokse en kyk gerus hier na die inhoud van die vorige RSG bokse:

http://rsg.joyluck.co.za/JoyLuck.aspx?link=rsg-festive-unbox

http://rsg.joyluck.co.za/JoyLuck.aspx?link=rsg-paasfees-unbox

Vir meer inligting gaan gerus na rsg.co.za of stuur ‘n epos aan rsg@joyluck.co.za

Enkele uittreksels uit eposse wat ontvang is:

Kan julle my weer aktiveer vir die boks, my vrou geniet die lucky packet so baie en sy sal veral nie gelukkig wees as sy nie die koffie kry nie. Dankie en groete, Nick.

Kan mens weet wat is in die boks? Of is dit soort van ‘n verrassing? Ek wil dit soos vir 3 verskillende vriende bestel – dit kan werk ne? Melinda.

Hiermee so baie dankie vir ons pakkie en die ekstra goedjies wat jy ook bygesit het. Hê ‘n wonderlik-geseënde dag! Groete, Renate.

Baie dankie vir die terugvoer. My Moeder is so opgewonde, want sy het mos nou gehoor wat in myne was, maar dit nog nie gesien nie. Ek sien uit daarna om van julle te hoor. Groete, Collet.

Ja dankie, ek het my boks ontvang en almal het dit baie geniet om oop te maak en op te eis! Groete, J C Kruger

Pakkie is ontvang in Phillipstown!!! PUIK diens baie dankie. Groete, Susan.

Dit het toe vandag hier aangekom! Was sooo lekker om oop te maak. Dankie vir al die lekker goedjies! (te ete en te drinke!) Groete, Judy.

Hi, I was lucky enough to be the recipient of a surprise box and am really delighted with the contents.  I would like to know more about this and how it works.  I think it is a super gift to send to special friends and relatives.  Could you please send me more information as to how one goes about purchasing this surprise box and how often it is available. Thank you, Sheridan.