Maak seker jy weet watter regsaspekte motoriste raak


Watter regte het ‘n motoris?

Luister na die reeks van drie regsake-programme oor die regte van die motoris.

Maandag 20 Maart 2017

Sakkie Smit en Charl Ackerman kuier vir oulaas saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regsaspekte wat motoriste raak. Wanneer aanvaar die hof dit as vanselfsprekend dat jy nalatig was, en hoe werk die verdeling van skadevergoeding as beide bestuurders deels verantwoordelik was vir ‘n botsing?

Maandag 13 Maart 2017

Sakkie Smit gesels oor aspekte van die strafreg wat spesifiek op motoriste van toepassing is, soos wanneer ‘n bestuurder in hegtenis geneem mag word, en op sy motor beslag gelê kan word.

Maandag 6 Maart 2017

Charl Ackerman sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die siviele reg wat spesifiek van belang is vir motoriste.

As jy ná ‘n ongeluk skadevergoeding wil eis, wat moet jy alles saamneem as jy ‘n prokureur gaan sien?

Charl bespreek ook die aanspreeklikheid vir ongelukke wat deur diere veroorsaak word, sowel as die padreëls wat fietsryers moet gehoorsaam.

Luister hier na die volledige program.