Bekoorlike Maleisië, deel 4


Terrance April het die afgelope paar weke in Reis Sonder Grense vir ons gereeld n blik gegee op Maleisië, ‘n land in Suidoos-Asië waarvan ons min weet. Die reis het in die noorde van die land begin waar die reënwoude nog ongerep grens aan Thailand. Daarna het hy suidwaarts beweeg tot in die hoofstad, Kuala Lumpur met een van die hoogste geboue in die wêreld, die Petrona Torings (eintlik is dit twee identiese torings wat elk spog met 88 verdiepings), die uitdagende byna 100 trappies geklim tot by die ingang van die Bato Grotte, en ook n fabriek waar die eeu-oue batikkuns beoefen word.

In die 4de en laaste episode oor Maleisië besoek Terrance April die bekende Batu Grotte, die koninklike paleis, n bekende batik fabriek asook die asemrowende Petronas Torings.
Luister gerus na die vierde episode wat in Reis Sonder Grense op 19 Desember 2015 uitgesaai is. (Reis Sonder Grense word elke Saterdagoggend van 10:05 tot 1:30 uitgesaai.)

2015-11-16 09.12.52

In die aand word die torings van Kuala Lumpur op asemtowende maniere belig

2015-11-16 09.13.53

Die twee torings van Kuala Lumpur is seker die bekendste baken van die stad in Maleisië

2015-11-16 09.01.03

Die ingang tot die koninklike paleis in Kuala Lumpur, Maleisië.

2015-11-15 12.08.23

Batikkuns is baie gewild in Maleisië. En alles word op die natuurlikste manier gedoen: geen afdruk, en geen patroon om van te werk nie.

2015-11-14 18.29.01

Die ingang tot die Batu Grotte net buite Kuala Lumpur, Maleisië

Alles is in oormaat in Maleisië – selfs hulle piesangs!

Alles is in oormaat in Maleisië – selfs hulle piesangs!

2015-12-17 09.34.51

Selfs die jonger inwonertjies van Maleisië is trots op hulle land en kan land en sand gesels oor die mooi Suidoos-Asiese land

 

Kategorieë