Die Nobel-vredespryse word híér oorhandig


Die Nobelvredesprys is een van 5 Nobelpryse wat jaarliks toegeken word. Die Sweedse industrialis en uitvinder Alfred Nobel het die inisiatief in 1895 begin en die eerste prys is in 1901 oorhandig. Die pryse word in Stockholm in Swede oorhandig, behalwe die Vredesprys wat in die Noorweegse hoofstad, Oslo, gebeur.

Die gesogte prys is al die meeste keer, nl. 3 maal, aan Die Rooikruisvereniging toegeken, maar Suid-Afrika blink self uit met 3 toekennings aan 4 Suid-Afrikaners. 1960: Hoofman Albert Luthuli. 1984: Aartsbiskop Desmond Tutu en 1993 Presidente FW de Klerk en Nelson Mandela.

Johan Rademan kuier Saterdag op Reis sonder Grense in die Noorweegse hoofstad, Oslo by die Nobelvredesprys Sentrum en Raadsaal waar die oorhandigingsseremonie op 10 Desember elke jaar plaasvind. Luister gerus na uittreksels van die 4 Suid-Afrikaanse Nobelvredesprysontvangers.

OOPKOP, HOOP,TOEWYDING – ‘n Resep vir ‘n Nobelvredesprys by die ingang van die sentrum in OSLO.

Die ingang tot die Raadsaal waar die Nobelvredesprys in Oslo oorhandig word.

Die imposante ingang van die lokaal waar een van die gesogste pryse ter wereld, Die Nobelvredesprys, in Oslo oorhandig word.

Die saal waarin 4 Suid-Afrikaners al die gesogte Nobelprys vir Vrede ontvang het.

‘n Sy-aansig van die Oslo-raadsaal waar die Nobelprys vir vrede oorhandig word.

Die lewensgeskiedenis van die Nore word met manjefieke fresco’s uitgebeeld in die Nobelvredesprys raadsaal in die Noorweegse hoofstad, Oslo.

Kies ‘n kaart – In die voorportaal van die Alfred Nobel Vredespryssentrum in Oslo.

Die ontvangers van die Nobelvredesprys word op ‘n tablet in die modern era uitgebeeld.

‘n Gewyde stilte heers in die vertrek waar die Nobelvredesprys ontvangers gehuldig word in die Alfred Nobelvredespryssentrum.

1960: Hoofman Albert Luthuli word die eerste van 4 Suid-Afrikaners wat die Nobelvredesprys in die Noorweegse hoofstad, Oslo, ontvang.

1984: Aartsbiskop Desmond Tutu van die Anglikaanse kerk ontvang die Nobelvredesprys.

1993: Presidente FW de Klerk en Nelson Mandela word vereer met die gesogte Nobelvredesprys.

 

 

 

 

 

 

 

 

Categories