Doebai – stad van uiterstes


image001‘n Stad van uiterstes…..van kamele in die woestyn tot die hoogste gebou in die wêreld. Dit is Doebai, een van die wêreld se gewildste bestemmings vir toeriste, sakelui, sportgebeure en selfs om net die batterye ‘n bietjie te laai.

Meer as 80% van die bevolking van Doebai is van die buiteland en Doebai is een van die 7 Verenigde Arabiese Emirate. Dit is ‘n gebied wat binne 50 jaar van ‘n klein vissershawe tot ‘n ultra moderne stad ontwikkel het.

Terrance April het onlangs daar gaan inloer en benewens sy ondersteuning vir ons Blitsbokke, wat daar aan die eerste been van vanjaar se Sewes-toernooi deelgeneem het, ook ‘n paar besienswaardighede besoek het.

Luister hier en geniet die klankrit deur dié oase in die Midde-Ooste.
Doebai: Episode 1.

Lughdubai

Reeds met die intrapslag by Dubai se lughawe kom jy agter dat die stad groot dink en doen.

Die woestyn net buite die modern stad, Dubai het sy eie bekoring.

Die woestyn net buite die modern stad, Dubai het sy eie bekoring.

Daar is wel mens en dier wat in die uitsterse woestyntoestande kan oorleef.

Daar is wel mens en dier wat in die uitsterse woestyntoestande kan oorleef.

Maar soms kan dinge skeefloop in die woestyn!

Maar soms kan dinge skeefloop in die woestyn!

Dit was ook die eerste been van die Sewes Rugbytoernooi waar die Blitsbokke in aksie was.

Dit was ook die eerste been van die Sewes Rugbytoernooi waar die Blitsbokke in aksie was.

En waar daar Springbokrugby gespeel word, sal daar altyd Bok ondersteuners wees!

En waar daar Springbokrugby gespeel word, sal daar altyd Bok ondersteuners wees!

Kategorieë