Georgië, die land langs die Swartsee

Georgië, die land langs die Swartsee

Georgië is ‘n land langs die Swartsee, in die gebied tussen die Kaukasiese bergreekse, waarvan min mense weet. Tog bied dit ‘n ryk geskiedenis wat baie ver strek. Baie van die gebruike word vandag nog instand gehou en besoekers staan verstom oor die toegewydheid van die inwoners om hul tradisies te beoefen.

Godsdiens is een van die sterkste bindende faktore in die land en sy bevolking van net meer as 5 miljoen mense. Oud en jonk besoek steeds vandag nog kerke en ander heilige plekke vir aanbidding, presies soos wat dit meer as 2000 jaar gelede in daardie gebied gedoen is.

Terrance April het onlangs na dié land langs die Swartsee gereis. Hy vertel van sy besoek aan die hoofstad, Tbilisi, waar ‘n ou gebruik om wol te weef en van die kleurvolste produkte te maak. Ons verneem van die geskiedenis van die stad en sy mense en hoe hulle oorleef het ten spyte van talle aanslae deur vreemde magte in daardie geweste. Hy besoek onder andere die wynstreek van Kakheti en ons leer van hul unieke manier van wynmaak; daar is ook n kuiertjie by een van die heiligste plekke in die land, die nonneklooster van Bodbe wat in die 4de eeu deur St. Nino gestig is; en jy kan hoor hoe daar oor hulle broodbakmetodes gesels word – sommer so langs die pad! En as jy al ooit gewonder het oor hulle eiesoortige alfbet en skrif asook die vanne wat soms almal dieselfde klank, moet jy na Reis Sonder Grense, luister.

In Saterdag, 25 Junie se Reis Sonder Grense kuier Terrance April vir oulaas net na die 11 uur Nuus in Georgië. Hy doen by aan die Stalin Museum in Gori, waar die Russiese leier gebore is; besoek n gebied waar oorblyfsels van grotte uit n oer-oue tydperk te sien is, asook die gewilde ski-oorde van Georgië, hoog in die Kaukasiese Gebergte wat grens aan Rusland.

Die hoofstad van Georgië, Tbilisi

Die hoofstad van Georgië, Tbilisi

2016-06-09 12.16.07

Georgië is n baie bergagtige land en oral kom jy op fantastiese uitkykpunte af vanwaar jy die valleie kan besigtig.

Een van die heilige plekke in Georgië is die Bodbe nonne klooster wat destyds deur Sint Nino gestig is.

Die baie spesiale liggings van heilige plekke in Georgië val ‘n mens op. Dit is sulke prentjie-mooi tonele wat ‘n besoek aan die land onvergeetlik maak.

Hierdie is die hoofkerk van Tbilisi, Georgië waar die Patriarg van die Ortodokse Kerk van Georgië diens doen.

Die ou fort waak oor die stad, Tbilisi, Georgië

Die Presidensiële paleis in Tbilisi, Georgië

Godsdiens speel n belangrike rol in Georgië. Oral is kerke en katedrale te sien. Van hierdie geboue dateer terug tot by die Bisantynse era.

Die Metechi Kerk troon bo die ou deel van Tbilisi uit.

Die maak van wyn is een van die oudste tradisies in Georgië. Oral is daar priële, soos by die klooster wat sy eie wyn verbou.

Wyn in Georgië word op n heel ander manier geberg as in res van Europa. In plaas van houtvate, word hierdie massiewe kleipotte gebruik wat diep in die grond begrawe word.

So lyk n tipiese middagmaal in Georgië. Van die belangrikste items, is bood, kaas en n verskeidenheid vars groente

Georgië is n land ryk aan geskiedenis en kultuur en talle van sy gebruike dateer ver terug. Omdat dit n baie koue land is, moet die inwoners bestand wees teen die koue. Produkte soos die serpe, wat van wol gemaak is, is nie net kleurvol nie, maar help ook teen die snerpende koue van die gebied

Een van die oudste gebruike van Georgië is die weef van wol vir allerlei produkte. Benewens die items om te dra in die koue steek, word pragtige kunswerke ook gemaak.

Een van die heerlikhede van Georgië is hulle verskillende brode. Dit is kraakvars en in van die raarste vorms.

Brood word nog op die ou tradisionele manier in Georgië gebak en jy kom oral in die land só ‘n broodoond teë.

Kategorieë