Hoe lyk Abuja?

Abuja is die hoofstad van Nigerië. Dit is nog ‘n jong stad wat maar hoofsaaklik in die 1980’s gebou is. Terrance April het pas teruggekeer van ‘n besoek aan Abuja. Die besoek het saamgeval met die nooiensvlug van SAL tussen Johannesburg en Abuja.

Dit is ‘n regstreekse vlug en bied nou geleentheid vir sakelui en veral regeringsamptenare om direk tussen die twee belangrike stede te vlieg. Terrance en ‘n groep joernaliste het gekuier in ‘n tradisionele Nigeriese restaurant en ons hoor meer oor die land en sy mense.

Luister hier na die bydrae.

Abuja is die hoofstad van Nigerië wat binne ‘n rekorttyd tot een van die grootste stede in die streek ontwikkel het. Dit is die hartklop van die Wes-Afrikaland se regering en die bedrywige voorportale van hotelle is ‘n sprekende voorbeeld van die pols van die stad.

Nigerië is ook ‘n land van uiterstes. Benewens die spoghotelle en sakegeboue, gebruik mense in die land allerlei maniere om n bestaan te maak.

Nigerië is ook ‘n land van uiterstes. Benewens die spoghotelle en sakegeboue, gebruik mense in die land allerlei maniere om ‘n bestaan te maak.

Nigerië se mense is trots op hulle kuns en stal dit graag uit vir ander om te deel in hulle kultuur.

Nigerië se mense is trots op hulle kuns en stal dit graag uit vir ander om te deel in hulle kultuur.

Kategorieë