Malta – van 5000 BC tot nou


Deur Marí Hudson

Toe ek onlangs Malta besoek het, op uitnodiging van ‘n goeie vriendin wat ‘n blyplek daar het, het ek nie geweet wat om te verwag nie. Ek het dus nie vooropgestelde idees gehad nie. Ek was aangenaam verras met die land met ‘n ou ou geskiedenis.
Hier is enkele interessante feite oor Malta:

  • Die Maltese eilande bestaan uit baie eilande, maar die drie belangrikstes is Malta, Comino en Gozo.
  • Malta is lid van die EU en inwoners van Malta kan dus met gemak in ander dele van die EU gaan werk en andersom.
  • Die Maltese eilande lê tussen Sicilië, wat aan die hak van Italië lê, en die Noorde van Afrika. Terwyl ek daar was, het die boot van vlugtelinge uit Libië naby Malta gesink, en is die drenkelinge en enkele oorlewendes na Malta en Sicilië gebring.
  • Al die Maltese eilande sal sekerlik met gemak in die Kaapse Skiereiland inpas – eintlik in die Kaapse metropool. Dit voel so groot soos die gebied wat Kampsbaai, Seepunt, die middestad, Tafelberg, Paardeneiland, Mailtland en deur tot by Rondebosch insluit.
  • Die bewyse van die eerste bewoners van Malta strek terug na 5000 – 6000 vC.
  • Op ‘n tyd het die handelaars van Venesië (Onthou Shakespeare se Merchants of Venice!)Malta as ‘n baie belangrike handelsbasis gebruik.
  • Dis dig bevolk, maar ek nooit verdronge gevoel nie.
  • Vallletta is die hoofstad, en is aangewys as die EU se kultuurthoofstad vir 2018.
  • Van die tonele van Game of Thrones is en word in Valletta, Mdina en die res van Malta verfilm.
  • Die mense praat Maltees (wat 40% Italiaans is) en Engels.
  • Die weer is gematig met lekker warm somers soos in Suid-Afrika. Die water is heerlik om in te swem.
  • Malta het ‘n universiteit, mediese skool en groot hospitaal.
  • Malta is selfvoorsienend wat voedsel betref en maak ook wyn.
  • Die mense van Malta is baie godsdienstig en daar is meer as 360 kerke vir die bevolking van net minder  as ‘n halfmiljoen. Die mense is nie uitermatig vriendelik nie en nie uit op praatjies maak nie, maar groet wel vriendelik terug, as mens iets vra, is hulle baie behulpsaam. Niemand bedel nie.
  • Die apostel Paulus het op een van sy sendingreise op Malta uitgespoel nadat sy skip gestrand het. Hy het hier die woord verkondig, en dit is die hoofrede waarom die mense van Malta tot vandag baie godsdienstig is, en wel Rooms Katoliek.
  • Malta is ook bekend vir die Ridders van St John, wat hulle na die kruisvaarte op Malta kom vestig het om die strategies-belangrike hawe en eiland te beskerm.
  • Malta was van die vroegste tye ‘n belangrike strategiese plek omdat die hawe so veilig is en die land wat oor Malta heers, maklik van hier ander lande in Europa kan inval. Die Romeine, die Ottomaanse ryk, die More, die Franse, Britte en vele ander ryke het van die vroegste eeue gereeld om beheer van Malta se hawe geveg.
  • Alle geboue word met kalksteen gebou, wat op die eiland ontgin word.
  • ‘n Mooi promenade (wat mens aan Seepunt laat dink, net baie langer) loop by die hawe deel al met die kus langs en mense stap en draf hier. Oorkant die straat van die laaaang promenade is rye en rye straatkafees waar mense sit en tee of wyn drink en ‘n happie eet.
  • Malta en veral Gozo is uitstekend vir duik en snorkel.
  • Daar is byna geen misdaad op Malta nie. Beslis geen moorde of aanrandings nie. Geen diefstal. Die enigste gebied waar daar wel tekens van dwelmmisbruik is, is in St Julien, die gebied met nagklubs.
  • Die mense ry nogal woes in die smal straatjies en toet-toet net as hulle aankom. Die paaie is deels baie goed en deels swakkerig, maar daar is baie padwerke en die paaie word nou vinnig opgradeer.
Valletta met sy stadsmuur en omring met water. 'n Mens spring sommer op 'n klein ferrie teen 1 Euro, en ry van die een deel van die hawe na 'n ander. Maklik en binne 10 minute.

Valletta met sy stadsmuur en omring met water. Valletta is die kleinste hoofstand in die EU, maar baie indrukwekkend. ‘n Mens spring sommer op ‘n klein ferrie teen 1 Euro, en ry van die een deel van die hawe na ‘n ander. Maklik en binne 10 minute.

Die hoofstad Valletta, is tipies Middeleeus, maar met moderne winkels. Die balkonne is die tipiese Maltese balkonne.

Die hoofstad Valletta, is tipies Middeleeus, maar met moderne winkels. Die balkonne is die tipiese Maltese balkonne.

Die St John katedraal in Valletta is werklik indrukwekkend. Die vloer bestaan uit marmerblokke wat elk die grafsteen van 'n ridder van St John is. Die enigste getekende skildery van Caravaggio - die onthoofding van Johannes die Doper, is ook hier te sien.

Die St John katedraal in Valletta is werklik indrukwekkend. Die vloer bestaan uit marmerblokke wat elk die grafsteen van ‘n ridder van St John is. Die enigste getekende skildery van Caravaggio – die onthoofding van Johannes die Doper, is ook hier te sien.

Hierdie skets - van Wikipedia geleen - toon die hawegebied van Valletta. Dit toon duidelik hoe groot en natuurlike hawegebied om Valletta geleë is. Die water in die hele hawegebied is helder skoon en die mense swem sommer net daar in die hawegebied. Sommige van hawens is net vol luukse seiljagte.

Hierdie skets – van Wikipedia geleen – toon die hawegebied van Valletta. Dit toon duidelik hoe groot en natuurlike hawegebied om Valletta geleë is. Die water in die hele hawegebied is helder skoon en die mense swem sommer net daar in die hawegebied. Sommige van hawens is net vol luukse seiljagte.

Hierdie foto kom van Malta-toerisme en ek plaas dit omdat dit letterlik 'n foto is van die skets hierbo. Let op dat die see aan die anderkant van die eiland al weer sigbaar is. Ja, die eiland is klein. As mens weer sien, het mens reg rondom gery.

Hierdie foto kom van Malta-toerisme en ek plaas dit omdat dit letterlik ‘n foto is van die skets hierbo. Valletta is aan die onderpunt met sy fortagtige stadsmure. Die ‘vingers’ links is Senglea en Vittoriosa, wat eintlik bekend staan as deel van die Three Cities. Elke stad in Malta is omtrent so groot soos ‘n voorstad in Suid-Afrika. Let op dat die see aan die anderkant van die eiland al weer sigbaar is. Ja, die eiland is klein. As mens weer sien, het mens reg rondom gery.

Die Middeleeuse stede soos Mdina het almal groot en hoë stadsmure reg rondom. Die dele van Malta wat nie bebou is nie, word beplant. Daar is oral klien mielielande, koringlande, sitrusboorde, appelboorde, wingerde, aarbeilande en so meer. Elke lappie oop aarde word verbou.

Die Middeleeuse stede soos Mdina het almal groot en hoë stadsmure reg rondom. Die stadsmuur voor in die foto is die een van Mdina, met die see in die verte. Die dele van Malta wat nie bebou is nie, word beplant. Daar is oral klien mielielande, koringlande, sitrusboorde, appelboorde, wingerde, aarbeilande en so meer. Elke lappie oop aarde word verbou.

Die tipiese smal straatjies van al die dorpies op Malta. Die huis waar ons tuisgegaan het, is die tweede gekoepelde deur van links. Die dorpie is Siggiewi.

Die tipiese smal straatjies van al die dorpies op Malta. Die huis waar ons tuisgegaan het, is die derde gekoepelde deur van links. Die dorpie is Siggiewi. Alle plekke is naby aan mekaar want die eiland Malta is sowat 28 km by 14 km.

Dit was die Middeleeuse fees in Mdina, die stad uit baie jare voor Christus en die inwoners was in Middeleeuse drag geklee in die Middeleeuse stad.

Dit was die Middeleeuse fees in Mdina, die stad uit baie jare voor Christus en die inwoners was in Middeleeuse drag geklee in die Middeleeuse stad.

Die Middeleeuse fees in Mdina se smal straatjies was iets om te beleef

Die Middeleeuse fees in Mdina se smal straatjies was iets om te beleef

 

By Blue Grotto is die water glashelder en byna fluoreserend blou

By Blue Grotto is die water glashelder en byna fluoreserend blou

Sprokiesagtig mooi in die Blou Grotte van Malta

Sprokiesagtig mooi in die Blou Grotte van Malta

Die water is oral baie skoon en helder - selfs in die hawe.

Die water is oral baie skoon en helder – selfs in die hawe.

Luister na Reis sonder Grense, en lees hier meer oor Malta.

 

Kategorieë