Maputo, stad met art deco argitektuur

Maputo, stad met art deco argitektuur

Maputo is die hoofstad van Mosambiek, ons noordoostelike bure. Die stad spog met die beste voorbeelde van die art deco argitektuur in die wêreld. Talle van die geboue is deur hul voorste argitek, Pancho Degga ontwerp.

Hier is ‘n paar interessante feite oor Maputo:

  • ‘n Uitstaande kenmerk van die koloniale glorie is die fyn mosaïekwerk wat oral te sien is.
  • Die bekende ebbehoudboom kom ook volop hier voor en daar is talle voorbeelde van hoe die duursame hout aangewend is – nie net in klaviere, soos aan ons bekend nie, maar by alledaagse huisraad.
  • Hulle Nasionale Museum spog ook met ‘n voorbeeld van ‘n selakant, ‘n visspesie wat terugdateer uit die dinosourus era.
  • Die capulanas is ‘n veeldoelige kledingstuk wat deur veral vroue gedra word.
  • Voeg hierby ‘n eie Portugese taalvariant wat hier gepraat word asook die vermenging van kulture in hul kos, kom jy gou agter dat die stad, wat n klipgooi van ons af is, talle verrassings inhou en ‘n besoek die moeite werd sal maak.

Luister Saterdag, 16 April – Deel 2 (net na die 11:00 Nuus) na die volgende aflewering in die reeks oor Maputo, deur Terrance April. In die tweede episode oor Maputo, Mosambiek in Reis Sonder Grense, fokus Terrance April op die oorwegend Katolieke bevolking van Mosambiek en die feit dat daar oral pragtige kerkgeboue is waar die voorgeskrewe liturgieë vir gebeure, soos ‘n troue, streng gevolg word. Maputo, die hoofstad is ook bekend vir sy argitektuur soos die Polana Hotel, wat spog met fasades en vleuels wat uit die Britse koloniale era dateer; asook talle ander geboue wat goeie voorbeelde van die Portugese argitektuur en art deco is.

Die grand dame van Maputo, die Polana Hotel afge-ets teen ‘n skemer agtergrond.

Die grand dame van Maputo, die Polana Hotel afge-ets teen ‘n skemer agtergrond.

Die bekende Polana Hotel in Maputo is ‘n baken in die hoofstad van Mosambiek wat dateer uit die koloniale tydperk onder Portugese bewind.

Die bekende Polana Hotel in Maputo is ‘n baken in die hoofstad van Mosambiek wat dateer uit die koloniale tydperk onder Portugese bewind.

‘n Stil hoekie by die bekende Polana Hotel in Maputo

‘n Stil hoekie by die bekende Polana Hotel in Maputo

Mosambiek het ‘n baie groot Katolieke bevolking en oral is daar pragtige kerkgeboue.

Mosambiek het ‘n baie groot Katolieke bevolking en oral is daar pragtige kerkgeboue.

Geboue in Maputo word goed in stand gehou en wel op vindingryke maniere.

Geboue in Maputo word goed in stand gehou en wel op vindingryke maniere.

Maputo se argitektuur is uniek en die stad se inwoners is baie trots op die verskillende boustyle wat aangetref word.

Maputo se argitektuur is uniek en die stad se inwoners is baie trots op die verskillende boustyle wat aangetref word.

Die ou stasiegebou van Maputo is een van die bekendste geboue in die stad. Die baken in die middestad word as een van die Top 5 wêreld treinstasiegeboue beskou en die Mosambiekse owerheid ontsien geen moeite nie om te in stand te hou.

Die Nasionale Museum van Maputo, Mosambiek

Die Nasionale Museum van Maputo, Mosambiek

Die toergids, Antalia, verduidelik en illustreer hoe die plaaslike bevolking n kledingstuk, die capulanas, vir verskillende doeleindes aanwend – in die geval as n hoofbedekking

Die toergids, Antalia, verduidelik en illustreer hoe die plaaslike bevolking n kledingstuk, die capulanas, vir verskillende doeleindes aanwend – in die geval as n hoofbedekking

2016-04-03 14.27.44

n Ebbehoutboom (net lalangs die Nasionale Museum van Maputo) wat baie duursaam is en in veral klaverbord musiekinstrumente gebruik word.

n Stoel in die Nasionale Museum van Maputo met baie fyn detail wat net uit ebbehout gemaak is.

n Stoel in die Nasionale Museum van Maputo met baie fyn detail wat net uit ebbehout gemaak is.

Kategorieë