Mooiste Dar es Salaam, Deel 2


Terrance April sit vandag sy reis na Dar es Salaam voort in Reis Sonder Grense.  Ons hoor onder meer hoe ‘n Rastafariër sy land beskryf, ‘n Suid-Afrikaner wat baie gelukkig is in Tanzanië, en van ‘n booteienaar wat baie doen om die plaaslike gemeenskap op te hef en jongmense op te lei in die toerismebedryf, veral wat bootritte betref. ‘n Lid van SAL vertel ook waarom verkeer tussen die twee lande so druk is.

Dit alles in Reis Sonder Grense se  2de deel net na die 11:00 nuus, Saterdag 31 Oktober.
Luister hier na die potgooi.

[As jy Mooiste Dar es Salaam, Deel 1 misgeloop het, kyk na die mooi foto’s en luister na die klankgrepe van die program. Klik hier.
Klik hier vir Mooiste Dar es Salaam, deel 3.]

Kyk net na die foto’s, geneem deur Terrance en wel met ‘n selfoon, om aspekte van sy besoek aan Dar es Salaam vas te vang.

Jy kan jouself vergeet in die kleure en klereprag van n straatmark in die middel van Dar es Salaam

Jy kan jouself vergeet in die kleure en klereprag van n straatmark in die middel van Dar es Salaam

 

Fyn en kunstige houtsneewerk op ‘n hawegebou in Dar es Salaam

Fyn en kunstige houtsneewerk op ‘n hawegebou in Dar es Salaam

 

Ook die mense met gestremdheid word nie agterweë gelaat in Tanzanië nie en allerlei maniere word gevind sodat hulle uiting kan gee ana hulle talente, soos die bottelsboom kan getuig

Ook die mense met gestremdheid word nie agterweë gelaat in Tanzanië nie en allerlei maniere word gevind sodat hulle uiting kan gee ana hulle talente, soos die bottelsboom kan getuig

 

Gemeenskapsorganisasies en individue sit graag skouer aan die wiel om die jeug van Tanzanië op te lei sodat jongmense soos Fandile kan uitsien na n blink toekoms. Terrance (links) by Fandile.

Gemeenskapsorganisasies en individue sit graag skouer aan die wiel om die jeug van Tanzanië op te lei sodat jongmense soos Fandile kan uitsien na ‘n blink toekoms. Terrance (links) by Fandile.

 

Iewers het iemand die bestelling verkeerd gehad!

Iewers het iemand die bestelling verkeerd gehad!

 

Kategorieë