Kyk dié besonderse park in Oslo


Johan Rademan het pas teruggekeer van die wêreld van Ibsen, Munch, Grieg en Vigelandt. Hulle is almal Noorweegs en word vandag op verskeie maniere in die hoofstad Oslo vereer.

Een van die merkwaardigste plekke om te besoek is Frognerpark. Die park beeld meer as 200 beeldhou werke van Gustav Vigeland in brons, graniet en gietyster uit. Die Gustav Vigelandpark, soos dit alom bekendstaan, is heeljaar gratis oop en die wisselkoers sal niemand van ‘n besoek kan ontneem nie.

Gustav Vigeland het 80 akker grond ontvang en het self die uitleg en plasings, wat streng simmetries is, beplan. ‘n Wye wandelgan neem jou loodreg van die ingangshek tot 850 meter verder waar die uitstalling met die wiel van die lewe eindig. Die tema strek oor die lewenssiklus van die wieg tot die graf. In die somer is dit ‘n lushof van fonteine wat ook op van die beeldhouwerke stroom en ‘n rivier wat deur die park loop. In die winter, toe ek dit besoek het, is dit ‘n yslandskap wat dalk die ontstellende en strak tema in sy werk aksentueer.

Luister gerus na ReisSonderGrense saam met Johan Rademan, Saterdag 4 Maart van 10h00-11h00 of gaan na POTGOOI op rsg.co.za

Welkom by Frognerpark of ook bekend as die Gustav Vigeland, wat heeljaar gratis oop is vir besoekers.

 

Gustav Vigeland wie se werk in die Frognerpark in Oslo uitgestal word.

 

Standbeeld van Gustav

Gustav Vigelandt se tema is die lewenssirkel van die mens.

Die stryd om oorlewing in die lewenssiklus van die mens is soms strak en ontstellend uit gebeeld deur Vigeland.

Die lewenswerk van beeldhouer Gustav Vigeland bestaan uit meer as 200 beelde uit brons, graniet en gietyster.

Meeste van die standbeelde is in 5 eenhede langs ‘n reguitwandelpad van 850m vanaf die hoofhek, die brug, kinderspeelgrond, die fontein, die Monolietplato (soos op die foto) en die wiel van die lewe, geplaas.

Vigeland was ook in beheer wat die uitleg van die park en plasing van beelde in die 80 akker grond. (‘n Akker is 80×80 meter.) In die somer is die water ontvries en spuit die fonteine en loop die rivier wat weer ‘n heel ander gevoel verskaf.
In die koue is dit dalk goed dat die vroue saamstaan en laer trek”.

Die Gustav Vigeland Park in Oslo is die grootste beeldhoupark ter wêreld wat deur ‘n enkele kunstenaar gemaak is. Aan die einde van die 850 meter wandelgang met die simmetrie onuitwisbaar langs die pad, eindig jy by die Wiel van die Lewe ( Die son is dalk simbolies van of die opkoms of die ondergaan van die lewe.)

 

 

Categories