Willie Labuscagne, RSG nuusskrywer, groet


Willie Labuschagne, ‘n huishoudelike naam van die RSG nuusspan, lê aan die einde van die maand ná ‘n lang loopbaan die tuig neer.

Nuusskrywer Willie Labuschagne, wat na 31 jaar by die SAUKgroet.

Nuusskrywer Willie Labuschagne, wat na 31 jaar by die SAUK groet.

Sy tyd vir aftrede het aangebreek, nadat hy bykans 31 jaar lid van die SAUK se nuusspan was. Hy was vir ‘n volle 26 jaar verbonde aan RSG se nuusskryfspan en is later bevorder tot RSG boeletienredakteur.

Willie se loopbaan was kleurryk en vol. Sy vertellinge van geskiedkundige mylpale en gebeure in Suid-Afrika en die wêreld laat menige jong joernalis se mond oophang – talle verkiesings en politieke gevegte, die gebeure op 11 September 2001 in Amerika, die eerste demokratiese verkiesing en die dood van oudpresident Nelson Mandela om maar enkeles te noem.

Hy sal nog van tyd tot tyd instaan as vryskutskrywer by die nuuslessenaar. Willie en Celia word alles van die beste toegewens vir die nuwe fase in hul lewe.

Dankie vir jou groot bydrae tot die Afrikaanse radio se nuusboeletiens oo al die jare.