Jody se nuwe Aanlyn-Sport-opsommings is hier


Wanneer laas het jy RSG se webtuiste besoek? Wel, van vanaand af  het ons ‘n esktra item daar.  In die aanlyn weergawe van RSG Sport , is daar heelwat ander inligting as ons gereelde joernaalprogram op ‘n Maandagaand.  So, gaan maak n draai daar.

Jody Hendricks het voortaan op ‘n Maandagaand ‘n klank opsomming van die naweek se hoof sportgebeure. Hy kyk na die redes vir die Springbokke se nederlaag in Australië, Bafana Bafana se gelykop uitslag teen Libië en die Amerikaanse Tennis Ope wat in New York tot ‘n einde gekom het. Dit sal net na 6 nm op rsg.co.za wees.

Luister sommer hier:

http://rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20180910_RSG_SPORT_AANLYN_1.mp3