Ons bring hulde aan Margot Luyt


Margot Luyt

Nic de jager bring hulde aan Margot:

Margot was een van die mense, wat ek die voorreg gehad het om te ken, wat die meeste deernis vir haar medemens gehad het…

Margot Luyt gesels op Kwela

Meer oor Margot Luyt

Margot Luyt by haar groot liefde, wyle Graham Clarke, en Stephan, die prins, haar ‘kleinseun’.

Margot Luyt is al sedert 1978 betrokke by radio én televisie.

Sy het oor die jare ’n baie groot rol gespeel in die voortbestaan en verbetering van dramas en vervolgverhale vir die radio, nie net as regisseur nie, maar ook met die opleiding wat sy deurgaans aan regisseurs en spelers verskaf het.

Margot Luyt se vermoë om met mense te werk en haar kennis op só ’n manier oor te dra dat dit die uitsaaiproduk voortdurend bly verbeter, is uitsonderlik. Sy het veral ’n groot bydrae gelewer om die Afrikaanse digkuns en skryfkuns op die radio te laat lewe, hoofsaaklik deur haar professionele aanbieding en haar keurige versorging van programme oor poësie en letterkunde.

Die bydrae wat sy gelewer het om die kollig op gevestigde en ervare digters en skrywers te laat val én nuwe Afrikaanse stemme bekend te stel, kan nie onderskat word nie.

26 Junie 2018. Waar is tomas se ROLVERDELING – Van links is Jumaine Hansen, Dean Balie, Frieda van den Heever, André Weideman, Lise-Marie Richardson, Carel Trichardt en Petru Wessels. Voor is Tarryn Wijngaard, Margot Luyt (regisseur) en Cassi Lowers (tegniese en akoestiese regisseur).

Lees en luister ook

Luister weer: Margot Luyt lees self haar gunsteling verse

https://www.rsgplus.org/atkv-vereer-radiomense/