Siele se Skaap in RSG-ateljee


“Die Skaap”, oftewel Daniel Lottering, is al vir baie jare deel van die Siele op Wiele gemeenskap. Van agterryer tot drywer, het hy al als gedoen en beleef. Elke luisteraar van Siele op Wiele ken Skaap.

Maar sy groot droom was om een keer deel te wees van ‘n regstreekse uitsending van Siele op Wiele. En dié droom is toe Maandagaand, 24 November 2014 bewaarheid. Met sy roete deur Johannesburg kom maak hy sommer toe ‘n draai in die Auckland Park ateljee. Hy het sy reuse wiele reg voor die SABC-gebou geparkeer, en toe heerlik op lug geblêr! Luister na die vier dele van die program.

Pleks van lappetrap, het Skaap toe teen middernag in die RSG-ateljee geblêr.

Pleks van lappetrap, het Skaap toe teen middernag in die RSG-ateljee geblêr.

IMG_1997

Skaap in die RSG-ateljee saam met Ettienne Ludick en ‘n kameraman.

IMG_1985

Dit het Skaap nie lank gevat om heel tuis te voel agter die mikrofoon nie!

Skaap wou oral afgeneem word. Hier is hy en Etienne voor die RSG banier, net om te wys hy was hier.

Skaap wou oral afgeneem word. Hier is hy en Ettienne voor die RSG banier, net om te wys hy was hier.

Skaap by Skaap. Siele op Wiele se 'Die Skaap" Daniel Lottering, by RSG se gesensorde Skaap-ooi!

Skaap by Skaap. Siele op Wiele se ‘Die Skaap” Daniel Lottering, by RSG se gesensorde Scaap-ooi!