Doel van die jaar!


Dis weer tyd vir FIFA se Puskas toekenning – jaarliks uitgeloof aan die ‘mooiste’ doel. Vanjaar se nominasies sluit bydraes in van Lionel Messi, Carli Lloyd, en vele meer en die video wys al die genomineerde doele. Mens hoef nie eers ‘n sokker entoesias te wees om die vernuf en skouspel te waardeer nie. Dit gesê, voel ons die kommentators van hierdie videos verdien ook ‘n eervolle vermelding!

Hou RSG se sportskedule dop vir regstreekse uitsendings en vele meer.