Toe eindig als goed vir Spanner en Thalita!

Toe eindig als goed vir Spanner en Thalita!


Die slot
Hier is die bos blomme en kaartjie wat Spanner toe ná die partytjie aan Amore stuur:
IMG-1978

Luister hier wat Spanner gesê het toe hy Thalita op die partytjie sien:

Voorlaaste episode
Spanner gaan vanaand na die paartie van tannie Sophie op Welgedacht landgoed in die Wes-Kaap. Hy gaan dalk vanaand vir Thalita die eerste keer weer sien. Wat dink jy sal sy eerste woorde aan haar wees?

Want Thalita is in die land en sy tannie Sophie se opasser het my laat weet dat tannie Sophie ‘n blind date paartie beplan vir Spanner en Thalita.

Ons is nou by hoofstuk 14. Kyk onder vir die begin en die eerste 13 hoofstukke.

Die begin
Tjailatyd se Amore Bekker is besig om saam met RSG-luisteraars ‘n storie te skep. Die hoofkarakter is Spanner Coetzee en die storie is oor sy wel en weë.

Ons weet die volgende van Spanner:

  • Hy is ‘n introvert.
  • Hy het ‘n hond, sy hond se naam is Kole, en hy is oral waar Spanner is. As hulle in die kar klim, maak Spanner die venster oop, want Kole
    kyk by die venster uit.
  • Niemand kan Spanner weerstaan nie. Vroue baklei oor hom, en mans wil soos hy wees.
  • Hy is nie popmooi nie, maar op ‘n rowwe manier aantreklik, met donker hare.
  • Hy is net onder die ses voet lank.
  • Hy is 36 jaar oud en fiks, en oefen vir die Comrades marathon.
  • Hy het sy naam gekry nadat sy ma hom as koliekbaba saans na buite gedra het en die sterre gewys het en dan het hy stil geraak en mense het gesê as hy so na die sterre kyk, lyk dit kompleet of hy hulle met sy oë vasskroef – vandaar die naam Spanner.
  • Hy is op ‘n klein dorpie Knapdaar tussen Burgersdorp en Bethulie gebore.
  • Hy woon tans in Philadelphia, ‘n plaasgemeenskap, naby die Kaap.
  • Hy het tragedie in sy lewe beleef toe hy 14 jaar oud was. Sy ouer broer, toe 17, het in ‘n swem- of duikongeluk verdrink.
  • Spanner was verloof, maar is steeds ongetroud.
  • Spanner se ontwykende beminde se naam is Thalita Pylveer. Sy bly op Darling. Sy weet nie hy is nog al die jare soekend na haar nie. Darlling is ‘n driekwart uur se ry van Philadelphia.
  • Thalita se tweelingsus se naam is Malita.
  • Spanner se pel is Groot Koos. Hy bly op Lambertsbaai en is ‘n diepsee vissersman. Hulle deel die belangstelling van sterre. Groot Koos se vrou wil gedurig vir Spanner “dates” reël met meisies. Dit maak Spanner gedaan, maar hy wil nie vir Groot Koos seermaak nie, wil ook nie vir Groot Koos vertel van sy ontwykende beminde nie. Mans praat mos nie maklik oor hierdie dinge nie.
  • Ons weet wel dat die eerste Coetzee al 364jr gelede ‘n verstekeling op die De Rijger was. Hy was ‘n swaardvegter, en baie gewild onder die vroulike geslag.

Die storie  to dusver
Hoofstuk 1
Spanner en Kole is by Rocking the Daisies Rockfees naby Darling. Thalita en haar tweelingsus Malita is ook daar. Toe Spanner in die toustaan om ‘n groen smoothie te koop, sien hy vir Malita.Hy skrik hom boeglam, dog amper dit is Thalita! Malita is so bly om hom te sien, sy seg Thalita is ook daar, en sy gaan nou by haar aansluit in die tou, sy het gou ‘n draai gaan loop.

Thalita sien vir *(Francois) Spanner en Malita in die tou, skrik groot, en laat spaander.

Spanner en Malita kom by die tent wat die twee susters gehuur het vir die naweek, en Thalita is skoonveld. Hulle gaan na haar huis in Darling, en kry daar ‘n leidraad waarheen sy dalk oppad is.

Vraag is nou…wat is die leidraad?

En hoekom vlug Thalita vir Spanner?

Spanner, Malita en Kole klim in die kar en ry, opsoek na Thalita.

Hoofstuk 2
Die leidraad was ‘n legkaart met ‘n prentjie van ‘n glas wyn en kaas.
Daarom is Spanner, Malita en Kole toe na die Kaasfees toe. Maar daar was meer as 10 000 mense en hulle kon nie Thalita opspoor nie.

*Sy noem hom Francois

By die Kaasfees: Hierdie ses manne het Amore die afgelope naweek by die Kaasfees in die Kaap raakgeloop en gesê hulle Spanner. Moet sê, sommige lyk bietjie ouer as 36, maar die meeste lyk of hulle voorbereiding vir die Comrades Marathon min of meer (sommige meer min as meer) op dreef is. Maar dit lyk of al ses manne ‘n goeie humorsin het. Wat dink jy?

IMG_2387

A

IMG_2405

B

IMG_2379

C

D

D

IMG_2378

E

F

F

Die Kaasfees op Sandringham plaas naby Stellenbosch en die Paarl.

Die Kaasfees op Sandringham plaas naby Stellenbosch en die Paarl.

cheese-festival-750x400

Wat weet ons van Spanner Coetzee?
Al wat ons weet, is dat hy sedert 4 April ongekende aandag en gewildheid uitlok op

Hoofstuk 3
Spanner, Malita en Kole soek verder. Hulle is oppad na ‘n dorp.

In watter dorp is Spanner?
Die leidraad is: Dit is darem nie so koud hier as in Molteno nie!

Hy is oppad na ‘n dorp wat met sterre te doen het, maar moet deur ‘n klompie dorpie ry onderweg na die sterre-dorp. By watter dorp is hy nou?

Die dorp is toe Touwsrivier – Dis Danksy Sir John Molteno dat Touwsrivier daar is vandag, want
hy het gevra vir ‘n spoorlyn van Kaap tot in Kimberley.

Lees meer oor Touwsrivier – klik hier vir meer algemene inligting, of klik hier vir meer oor akkommodasie. Klik hier vir meer oor ‘n bekende natuurreservaat naby Touwsrivier.
Touwsrivier_Louw_(3)

167293064_f8d8a4a688

BlueBarryHill15

 

Hoofstuk 4
Spanner, Malita en Kole het Touwsrivier verlaat. Hulle het in ‘n oostelike rigting gereis en is oppad na ‘n dorp.
Watter dorp? Die leidraad is 1910.

Hier is ‘n paar foto’s van die dorp en omgewing.

Die dorp is Uniondale, aan die Kammanassie berge.

U2

U3
u

10252-10.jpg.800x470_q90_upscale

U4

Hoofstuk 5
Spanner se donker kant kom nou na vore. Hy stry met ‘n verslawing. Hy is onlangs op sekuriteitskameras vasgevang het toe hy ‘n plek besoek het waar hy liefs nie moes wees nie.

Watter soort verslawing kan dit wees? Waar was Spanner? Weet Thalita daarvan?

Onder is die materiaal van die man wat moontlik Spanner is, afgeneem op kring-televisie net buite die ingang van die gebou. Probeer hy homself minder herkenbaar maak?

S

Hoofstuk 6
Die aap is uit die mou: Spanner is ‘n dobbelverslaafde. Hy het voortdurend op die reis saam met Malita vir so uur verdwyn om op enige plek waar hy kon, te dobbel. Hy het egter baie geld verloor en is in die knyp.

Malita is egter ‘n meedoener, en toe hy weer so sit en dobbel, sien hy Malita dobbel ewe hard langs hom.

Dis toe net daar dat hy ‘n Damaskus-oomblik beleef en besef hy kan nie so aangaan nie. Dan is al die voorbereiding vir die Comrades verniet, en dan gaan hy nie betyds by Pietermaritzburg uitkom nie.

Hy stap net daar uit die casino, vat sy bagasie en Kole, en gooi duim.

Hoofstuk 7
Spanner het duimgegooi na KZN om betyds vir die Comrades in Pietermaritzburg te kom. ‘n Vriendelike siel op wiel het hom en Kole opgetel en hulle het veilig in Pietermaritzburg aangekom.

Hy is gereed vir Comrades Sondag.

Maar wie is die Siel op Wiel wat hom opgelaai het?
Luister vanmiddag na Tjailatyd.

Pietermaritzburg

Pietermaritzburg

GH1154web

 

Hoofstuk 8
Comrades-2012-Spanner het die Comrades voltooi in 10ure en 50 minute. Hy het gestruikel, het in tent beland, en daar het ‘n wending gekom….luister vanmiddag wat het daar gebeur.

Spanner hoor Stoffel van der Walt se storie in tent by Comrades. So 10 km voor eindstreep val ‘n atleet so ent voor hom. Hy besluit hy hou verby. Hy kyk om, en iets in die man se oë seg hy moet stop. Die man se enkel is erg geswik. Hy besluit hy gaan help. Die twee hunke-punk tot in arena.Hulle maak betyds klaar. Kole hardloop na Spanner toe.
Albei beland in mediese tent wees uitputting. Hulle lê langs mekaar. Hulle praat vir eerste keer oor iets anders as die hollery.
“Wat bring jou by Comrades? vra Spanner.
“Ek hou skool in Riaad, Saoedi Arabie. Is eintlik van Reddersburg. Bly reeds 8 jaar in Saudi- Arabie. Hardloop gereeld in die duine. Gedink ek moet die Comrades doen, ek is mos nou fiks.”
Spanner vra of daar ander Suid Afrikaners by sy skool is.
“Daar het ‘n paar maande gelede ‘n Suid Afrikaanse vrou by die skool waar ek werk, ook begin…Vreemd, sy dra altyd ‘n boerka, maar sy is Afrikaans. Sy het die mooiste sagte stem en mooi oë. Ek het stadig verlief geraak. Ek het moed bymekaar geskraap en haar vertel sy is baie mooi.Sy het net gehuil. Daardie aand kry ek WHATS App met ‘n foto. Kom ek wys jou..”
‘n Noodhulpwerker gee sy rugsak met selfoon aan.
“Sy was in ‘n ongeluk.”
Hy maak sy selfoon oop. En wys die foto van (Thalita Pylveer) met verminkte gesig.
Spanner herken haar. Snak na asem.
“Ken jy haar?”
“Ja-ja….”
“Sy vertel my sy is verlief …hier lees self (gee selfoon vir Spanner)”
Spanner lees.
“Beste Stoffel, jy is dierbaar, maar ek het n man in Suid-Afrika lief. Ek het swanger geraak met sy kind. WaS BANG VIR MY OUERS. In harwar van oomblik klim ek in kar en ry net. Rol my kar en verloor baba en my gesig is geskend.Ek het hier agter my boerka kom wegkruip en ook om geld te verdien sodat ek plastiese sjirurgie kan ondergaan en dan terugkeer na RSA om my liefde te gaan soek. Miskien sal hy my vergewe oor die kind en nooit weet hoe ek nou lyk.”
Spanner huil….

David Gatebe is meer as R1 miljoen ryker nadat hy die 'af' rekord in vanjaar se Comrades Marathon gebreek het. Die atleet van die TomTom Atletiekklub het Old Mutual Two Oceans Marathon in 2013 gewen, en het die Comrades in 5:18.19 afgelê om die Rus Leonid Shvetsov’ se rekordtyd van 5:20.49, wat hy in 2007 opgestel het, te verbeter.

David Gatebe is meer as R1 miljoen ryker nadat hy die ‘af’ rekord in vanjaar se Comrades Marathon gebreek het. Die atleet van die TomTom Atletiekklub het Old Mutual Two Oceans Marathon in 2013 gewen, en het die Comrades in 5:18.19 afgelê om die Rus Leonid Shvetsov’ se rekordtyd van 5:20.49, wat hy in 2007 opgestel het, te verbeter.

Charne Bosman was die eerste vrou oor die wenstreep. Haar wentyd was 6:26,10.

Charne Bosman was die eerste vrou oor die wenstreep. Haar wentyd was 6:26,10.

Meeste mense ry vandag terug van die Comrades af, maar nie Spanner nie, hy lê tans in Umhloti op die strand. Sy lyf is net te seer.

David Gatebe is meer as R1 miljoen ryker nadat hy die 'af' rekord in vanjaar se Comrades Marathon gebreek het. Die atleet van die TomTom Atletiekklub het Old Mutual Two Oceans Marathon in 2013 gewen, en het die Comrades in 5:18.19 afgelê om die Rus Leonid Shvetsov’ se rekordtyd van 5:20.49, wat hy in 2007 opgestel het, te verbeter.

Hier is die foto van Thalita:

maxresdefault

Nou is die vraag: hoe gaan ons vir Spanner en Thalita bymekaar uitbring…siende dat sy in Saoedi Arabie is….en hy hier. ‘n Luisteraar het voorgestel dat hulle moet beginne skype.

Amore het op Tjailtyd gevra luisteraars moet vir ons ‘n video moet maak van die twee wat skype. Dis maklik, sy het mos ‘n burka aan. En hulle kan sy kop van agter wys, maksimum een minuut.

Ons wag op julle videos.

Hoofstuk 9
Weet jy wat is Moslem-vroue se hoofbedekkings?
Daar is drie hoofsoorte hoofbedekkings/drag vir Moslem-vroue. Dit is belangrik dat die vrou se hare nie moet uitsteek nie. Sommige hoofbedekking bedek haar hare, nek en skouers en ander ook haar gesig.

3kWEDtW

  • Die “hijab” is ‘n eenvoudige ligte serp wat die kop en skouers bedek maar nie die gesig toemaak nie. Die meeste Moslem-vroue in Suid-Afrika en in Westerse lande dra hierdie hoofbedekking. Dit hoef nie noodwendig swart te wees nie, maar kan veelkleurig wees.
  • Die “niqab” is die gesigsbedekking wat gewoonlik saam met ‘n volle swart rok gedra word.
  • Die “burka” is die tent-agtige uitrusting wat meestal in Afghanistan gesien word waar selfs die vrou se oë agter gaas bedek is.

Die hajib kan ook veelkleurig wees:

Veelkleurige hijab

Veelkleurige hijab

Dan is daar ook nog ander soorte Moslem-hoofbedekkings vir vroue:
(Bron: BBC)

Die al-amira is ‘n serp wat uit twee stukkie bestaan. Dit bestaan uit ‘n noupassende kopstuk, wat gewoonlik van katoen gemaak word, en ‘n buisvorming serp.

Die al-amira is ‘n serp wat uit twee stukkie bestaan. Dit bestaan uit ‘n noupassende kopstuk, wat gewoonlik van katoen gemaak word, en ‘n buisvorming serp.

The shayla is a long, rectangular scarf popular in the Gulf region. It is wrapped around the head and tucked or pinned in place at the shoulders.

Die shayla is ‘n lang, reghoekige serp wat gewild is in die Golf-lande. Dit word om die gesig gedrapeer en dan ook om die skouers.

 

The khimar is a long, cape-like veil that hangs down to just above the waist. It covers the hair, neck and shoulders completely, but leaves the face clear.

Die khimar is ‘n lang sleep-agtige serp wat agter teen die rug hang, tot net bokant die middellyf. Dit bedek die hare, nek en skouers, maar nie die gesig nie.

The chador, worn by many Iranian women when outside the house, is a full-body cloak. It is often accompanied by a smaller headscarf underneath.

Die chador word deur baie vroue van Iran gedra as hulle die huis verlaat, en is ‘n volliggaam jurk. Dit word dikwels saam met ‘n kleiner kop-serp gedra.

Die meeste Moslems in die wêreld glo dat die niqab en burka nie nodig is nie, hoewel strenger Moslem-groeperings (soos byvoorbeeld die Wahabist-groepering) wel glo dat dit gedra moet word. Die niqab en burka is algemeen in Saoedi Arabië en Afghanistan waar strenger Moslem-sektes oorheersend is.
Hierdie grafika wie watter hoofbedekkings waar dra:

BurqaChartPoll7MuslimNationsPew

Hoofstuk 10

Spanner wil skype met Thalita in Saoudi Arabië maar hy kry nie die woorde nie; hy is te skaam en weet nie wat om te sê nie.

Ons gaan vandag vir hom voorstel om ‘n gedig te skryf, en dit eers vir haar te stuur.

Ons nooi luisteraars om ‘n gedig te skryf, dan kies ons die beste een. Kort, en nie soetsappig.

Spanner se gedig

Ek Wens

Ek wens ek kon die woorde vind
om te sê hoe ek oor jou voel.
‘n Lied diep uit my hart
net vir jou bedoel.

Ek wens ek kon jou blomme stuur
of ‘n brief net vir jou.
Jou altyd by my, langs my hê
en teen my styf vashou.

Ek wens ek kon jou soen,
jou hand in myn’ gevleg.
Of jou op ‘n witperd laai,
dan ry ons twee weg.

Ek wens ek kon jou hartklop voel,
en weet wat jy van my dink.
My vingers deur jou hare streel
en in jou oë verdrink.

Ek wens jou hart kon myne wees,
myne en myn’ alleen.
Ek sou jou so gelukkig maak,
vir altyd saam ons twee as een.

Hoe sal Thalita hierop reageer?

Hoofstuk 11

Spanner het nog niks gehoor van Thalita nie.

Daar kan 2 redes wees…..

Iemand het dalk Thalita se Facebook profiel gekloon. Hy kommunikeer dalk met die vals profiel van ‘n onbekende ‘scammer’!

of….

Melita het vir haar sus Thalita laat weet dat sy en Spanner ‘n romantiese oomblik gehad het op hul roadtrip….onthou sy is ‘n geitjie. Nou het Thalita al Spanner se pragtige gedig gesien, maar sy sien hom nou as ‘n tweegatjakkals, haar hart is gebreek.

‘n Tannie van Spanner, Sophie is haar naam, het eergister opgeduik, sy wil vir Spanner betaal om vir Thalita te gaan kuier in Saudi Arabie. Die dame wat haar oppas by die huis het my gebel. Sophie het nie kinders nie, en het altyd ‘n sagte plekkie vir Spanner gehad.

Vandag is Amore se vraag: Moet Spanner daai aanbod van sy tannie aanvaar?

Spanner het 3 liedjies ingeskryf vir Joune….dit word Maandagoggend gespeel in Oggend op RSG. Net na 11vm.

Hoofstuk 12
Spanner het steeds niks van Thalita gehoor nie.

Ek wens jou hart kon myne wees,
myne en myn’ alleen.
Ek sou jou so gelukkig maak,
vir altyd saam ons twee as een.

Het hy geskryf.

Die facebook-profiel van ‘Thalitha’ is toe al die tyd die profiel van die mooi niggie van die Rus Poetin,
en haar naam is Talinka.
image

Hoofstuk 13

Thalita Pylveer is oppad Suid-Afrika toe vir Vadersdag.

Sy land vandag om 4nm by die Kaapse Internasionale lughawe aan op ‘n vlug van Dubai.

Die Gupta’s het toestemming gegee vir die Silwer Valke

Tannie Sophie sit reg met haar kanker….(sy gaan op ‘n manier vir Thalita laat weet dat sy nie lank het meer om te lewe nie, en sy wil hulle saam sien.)

Spanner en Kole is in die Cullinan-omgewing.

Iemand het al voorgestel dat hulle by Kimberley se gat moet ontmoet.

Wat dink julle

Dankie
A

Hoe gaan sy en Spanner bymekaar uitkom.

Meer agtergrondbesonderhede oor Spanner
Hoe lyk hy?
Ons het ‘n voorbeeld gaan soek om jou darem ‘n idee te gee.

0bedd436bee28a3e288c0265171f0c5e

Ken jy ‘n man in sy dertigs met donker hare en  hierdie ‘rugged’ voorkoms? Stuur dan die foto aan spanner@rsg.co.za.

Hoe lyk Kole, sy staffie?

tn_spanner-se-hond-1

Het jy geweet Kole is vernoem na die Kolesak (Coalsack) Nebula, die donker nebula in die konstellasie Crux in die melkweg. Dit kan gesien word as die donker smeerkol effe na links in die melkweg.

Koolsak

Hoe lyk dit in Knapdaar se geweste?

Screen Shot 2016-04-20 at 10.52.19 AM

Plaas by Knapdaar

Plaas by Knapdaar

PLaas buite Knapdaar

Plaas buite Knapdaar

Bethulie

Bethulie

Burgersdorp

Burgersdorp

Die NG Kerk op Burgersdorp

Die NG Kerk op Burgersdorp

Murray House, een van die koshuise by Grey Kollege in Bloemfontein. Was Spanner hier?

Murray House, een van die koshuise by Grey Kollege in Bloemfontein. Was Spanner hier?

‘n Mens kan vra: Is daar ‘n laer- en hoërskool op Knapdaar? Was Spanner dalk in ‘n ander dorp of stad in die skool en op kosskool? Dalk op Burgersdorp? Of Bethulie? Dalk op Grey in Bloemfontein?

Hoe lyk Philadephia?

Philadelphia is ‘n mooi landelike plekkie in die Weskus, naby aan Kaapstad.

DSC_3247

Philadelphia

fee902172c53b7a6463f7f8f4300da09

Canola_Philadelphia_Randall_640_427_80auto_s

10411905_774887245909123_8629958557458411372_n-247x300

7448IMG-20121006-00301

Mens kan vra: waarmee word by Philadelphia geboer? Watter ander bedrywighede is daar buiten boerdery?

Weet jy iets meer van hom wat ons nie weet nie? Skakel in by Tjailatyd elke middag om 17.30 om meer uit te vind oor hom, en om jou spanner in die armbeurs te gooi.

Volg hom by spannercoetzee op Twitter en SpannerCoetzee op FB.

Wie is die man by Amore en wat het hy met Spanner te doen?

IMG_2155-1Vreemde mans stop Amore op straat, en seg hulle is Spanner.

Amore vertel: