Die invloed van die Dalai Lama op twee Suid-Afrikaners se spiritualiteit


Uit ‘n ander hoek, Sondag 24 Junie 2018 – Die Dalai Lama, wat in ballingskap in Indië leef, se spiritualiteit het ‘n wesenlike invloed gehad op die lewensfasiliteerder Klasie Wessels van Streetschool, en joernalis Suzette Kotze-Myburg. Hulle vertel vir Jean Oosthuizen meer oor hulle besoek aan dié Tibettaanse monnik.