Fiks vir die Lewe terug op Sondae

Fiks vir die Lewe terug op Sondae


Die gewilde RSG lewens-motiverings program op RSG, FIKS VIR DIE LEWE, hervat sy uitsendings op Sondagaand, 2 Oktober 2016, om 19:05. Die aanbieder is Phil Loots en oudergewoonte is sy gas die bekende motiveringspreker, dr. Gustav Gous.

FIKS VIR DIE LEWE se doel is om luiteraars te begelei op hulle lewenspad met riglyne hoe om elke dag se omstandighede ten beste te hanteer. Van die programme wat groot reaksie uitgelok het, was onder andere hoe om huwelikspanning te hanteer, wat om te doen wanneer rassitiese opmerkings gemaak word, en selfs hoe om sterwensbegeleiding te doen.

Omdat FIKS VIR DIE LEWE ‘n interaktiewe gespreksprogram is, kan luisteraars deelneem deur SMS’e, eposse, Facebook, Twitter en selfs telefoongesprekke.

Kyk na Fiks vir die Lewe se reklamevideo:

foto-dr-gustav-gous-en-ander

Van links na regs: Dr Gustav Gous, motiveringspreker en ankerpersoon in Fiks vir die Lewe, saam met Phil Loots, die aanbieder, en een van die gaste op die program, Janine Truter, ‘n jong teoloog van die NG Kerk.

Die boek, Fiks vir Lewe, is ook binnekort op die winkelrakke beskikbaar.

fiks-vir-die-lewe_omslag1-copy