Is meditasie uit die bose? Luister Sondagaand

Is meditasie uit die bose? Luister Sondagaand


Jean Oosthuizen en Johannes de Villiers

Jean Oosthuizen en Johannes de Villiers

Is meditasie uit die bose en mag Christene mediteer? Meditasie is so oud soos die berge en ʼn praktyk wat deesdae al hoe meer onder Afrikaanse mense voorkom.

Luister Sondagaand 28 Augustus net na die sewe uur nuus saam met Jean Oosthuizen na die program Uit ʼn ander hoek op RSG wat sê ʼn joga instrukteur, Johannes de Villiers, en ʼn NG dominee Ronell Bezuidenhout daaroor.

Johannes de VilliersJohannes de Villiers van Stellenbosch (foto links) is ʼn joernalis en ook joga- en meditasie-instrukteur van The Dharma Centre. Sy meditasie-agtergrond kom uit die Zen tradisie.

Dr Ronell BezuidenhoutDr Ronel Bezuidenhout (foto regs) is leraar van die Fontainebleau-gemeenskapskerk in Johannesburg wat Christelike meditasie beoefen.

Luister hier na ‘n klankgreep uit die program: