Kan mens alles in die Bybel en die Koran glo?


Wat maak van boeke soos die Bybel en die Koran heilige geskrifte en kan alle gelowe se geskrifte as heilige tekste beskou word?

Yusef Waghid

Yusef Waghid

Luister Sondagaand saam Jean Oosthuizen in die program Uit ʼn ander hoek wat sê ʼn Moslem- en Christengelowige Yusef Waghid en Retief Muller, albei van die Universiteit van Stellenbosch, oor heilige skrifte.

Retief Muller

Retief Muller

Yusef Waghid is ʼn professor in Filosofie van die Departement Opvoedkunde en Retief is ʼn kerkhistorikus.

Kan mens alles wat in die Bybel of die Koran staan letterlik glo en moet ons die voorskrifte daarin vandag nog alles net so toepas as jy aan een van daardie gelowe behoort? Luister Sondagaand wat sê ʼn Christen en ʼn Moslem hieroor.

Luister hier na ʼn klanksnit uit die program: https://clyp.it/nm4uumkv