Uit ‘n ander hoek terug op lug


Kom luister Sondagaand van 8 April na die sewe uur nuus weer saam met Jean Oosthuizen (foto regs) na die program Uit ʼn ander hoek.

Dit is ʼn program waar daar eerlik en reguit vanuit ʼn ander hoek oor spiritualiteit gesels word. In dié program word daar nie geskroom om minder bekende en selfs uitdagende denkringtings oor spiritualiteit te bespreek nie.

Uit ʼn ander hoek bied aan gewone mense én bekendes ʼn geleentheid om eerlik en gemaklik oor spiritualiteit en ander sake te gesels.