Waarom word ‘n predikant ‘n wynmaker?


Michelle Boonzaaier, Jean en Bertus van Niekerk in die ateljee

Michelle Boonzaaier, Jean en Bertus van Niekerk in die ateljee

Wat laat ʼn predikant besluit om sy toga op te hang en liewer ʼn wynmaker te word en hoe gebeur dit dat ʼn NG-dominee ʼn aktivis vir gay regte word en met haar een voet binne die kerk en die ander voet buite die kerk staan?

Sondagaand 21 Augustus gesels Jean Oosthuizen in die program Uit ʼn ander hoek met ʼn gewese predikant van die Hervormde kerk, Bertus van Niekerk, wat ʼn wynmaker geword het en met Michelle Boonzaaier, die eerste bruin vrou wat ʼn predikant in die NG Kerk geword het en nou met haar een voet binne die kerk en die ander voet buie die kerk staan, oor hulle ervarings binne en buite die kerk. Sondagaand net na die sewe uur nuus op RSG 100 tot 104 FM en wêreldwyd op rsg.co.za.

Luister hier na ‘n uittreksel uit die program:

Besoek ook Uit ʼn ander hoek se facebookblad vir meer inligting en kommentaar op die program.

Bertus van Niekerk, die wynmaker.

Bertus van Niekerk, eens predikant, nou wynmaker.

Michelle Boonzaaier, eens dominee, is nou ‘n gay-aktivis

Michelle Boonzaaier, eens dominee, is nou ‘n gay-aktivis