Wie het God geskep?


Soveel mense soveel gode. Het God die mens geskep of het die mens volgens sy eie behoeftes vir homself gode geskep? Die vraag of God die mens geskep het en of die mens gode geskep het is so oud soos die berge. Die filosoof Ludwig Feuerbach was die eerste persoon wat argumenteer het die mens het vir hom ʼn pasklaar God geskep volgens sy eie behoeftes.

Feuerbach

Gys LoubserJan vd MerweSondagaand net na die seweuur nuus gesels Jean Oosthuizen met sy twee gaste oor hierdie netelige vraag in die program Uit ʼn ander hoek. Sy twee gaste is dr. Jan van der Merwe (regs) van Bloemfontein, skrywer van die boek Wie het God geskep wat ʼn doktorsgraad in antropologie het, en die teoloog dr. Gys Loubser (links) wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria en in Stellenbosch woon.

Luister hier na ʼn klanksnit uit die program: https://clyp.it/kzjc4ast