Blitsbokke kuier in die ateljee


Die wêreld-sewes reekskampioen vir 2017, die Blitsbokke het ‘n bietjie vreugde gebring hier by RSG, jou stasie; want almal hou van wenners. Die span se afrigter, Neil Powell, die kaptein Phillip Snyman, spoedvraat Rosco Speckman en Carel Du Preez was Donderdag 25 Mei Lynette Francis en Jody Hendriks se gaste op Praat Saam. Die afrigter Neil Powel het sommer gestraal van trots.

Luister na die volledige program: Klik hier.

Ander bekendes wat al in die korter format, sewes-rugby, gespeel het sluit in Bryan Habana en Jean de Villiers, asook Francois Hougaard en die nuwe Springbokkaptein, Warren Whiteley.

Suid-Afrika se laaste en enigste ander Wêreldreeks-oorwinning was in 2008/09. Powell, wat een van die spelers in die groep was, het nou die eerste persoon geword om dit ook as afrigter te wen, maar hy het gesê die span moet krediet kry vir wat hulle vanjaar vermag het. “Dit was ‘n wonderlike seisoen,” het Powell gesê.

“Om vyf toernooie te wen en agt finale te speel, was wonderlik. Ons het hoë standaarde vir ons self gestel, en kan baie teverde voel oor die seisoen wat verlede naweek in London, Engeland tot ‘n einde geloop het.

Powell Voeg by “Dit was ‘n werklike spanpoging, die spelers, bestuur en ander belanghebbendes, soos ons borge moet ook geloof word vir wat hulle agter die skerms gedoen het.

Kaptein Snyman is ook trots: “Elke keer as ons die trui oor ons skouers trek, dan speel ons vir mekaar, ons is ‘n groep broers, maar ook vir almal in Suid-Afrika wat ons ondersteun het, moet ons dankie se Ons was redelik bewus van die ondersteuning wat ons kry wanneer ons speel, dit nadat vereksie luisteraars genoem het dat hulle in die vroe oggendure opstaan op te kyk as die span speel.  Om die trofee terug te bring, is ook die beste manier om dankie Suid-Afrika te sê,” het Snyman gesê.

Sewes rugby word met sewe spelers ‘n kant gespeel, en een helfte is sewe minute.

Rosco Speckman

Rosco, Carel, Philip en Neil, met Jody regs.

Carel du Preez

Philip Syman en Neil Powell

Philip Snyman – kaptein

Jody Hendricks