161.3 km/h: Die vinnigste snelbal in krieket


Fastest ballDie voormalige Engelse krieketspeler Geoffrey Boycott het gesê: As jy wil voel hoe dit is om ‘n kolwer in ‘n toetskrieketwedstryd te wees, moet jy die volgende doen: Gaan, staan in die middel van die snelweg – vra dan ‘n vriend om met sy motor teen 160 km per uur op jou af te pyl – en as hy ‘n paar meter van jou af is – besluit dán watter kant toe om te spring.

Die Spoedmeter is ‘n uitvinding van die Suid-Afrikaner Henri Johnson. Die toestel is vir die eerste keer in die Krieket Wêreldbeker in 1999 in Engeland gebruik.

Die rekord vir die vinnigste bal ooit geboul is 161.3 km per uur. Die rekord is opgestel deur Shoaib Akhtar van Pakistan.

SABLE-Inspiration Section_SpeedGun

Kyk hier na die video van die vinnigste bal wat ooit geboul is:

Esté Gross vind meer uit oor die Suid-Afrikaanse uitvinding – die spoedmeter, wat die blitsspoed van ‘n krieketbal meet. Luister hier na die program.

Vir meer inligting, besoek:
http://www.sablenetwork.com/inspirations/classic/14
http://www.southafrica.net/za/en/articles/entry/article-southafrica.net-henri-johnson