Ettienne se konneksie met die Laureus-sporttoekennings


Die gesogte internasionale Laureus-sporttoekennings word op 15 April in Shanghai aangewys. Wat het dit met RSG te doen? Wel, ons eie bekroonde omroeper en sportaanbieder Ettienne Ludick het die eer te beurt geval om op een van die voor-af beoordelingspanele te wees. Die Laureus-sporttoekennings beteken vir enige sportpersoon baie.

Ettienne Ludick op Ellispark

Ettienne Ludick op Ellispark

Vir Ettienne het dit net so baie beteken toe hy genader is. Hy vertel self: “Dit beteken vir my as sportaanbieder baie, omdat jy deur n internasionale organisasie soos Laureus raak gesien word as een van die bestes op jou gebied. Vir my persoonlik beteken dit ook besonder baie dat die Afrikaanse media se werk in sportjoernalistiek en sportaanbieding raakgesien word en van waarde geag word.”

Ettienne sê hy was uit die veld geslaan toe hy die epos van Edwin Moses, die voorsitter van die Laureus-komitee, ontvang het. “Ek het  eers gedink dis iemand wat n epos-slenter op my probeer uithaal.  Ná ‘n vinnige navraag het hulle bevestig dat dit wel so is, en dat ek deel van die paneel is vir die 2015 toekennings. Die nominasieproses en eerste ronde beoordeling het in Januarie begin, waarna ‘n laaste ronde beoordeling gehou is.”

Ettienne sê hy hou styf duim vas dat  hy na die gala-geleentheid uitgenooi word!

Een van die voordele van op die panel te wees is dat  hy nou deel is van die groep sportjoernaliste wat ekslusiewe toegang tot die wêreld se beste sportsterre gegun word.

Kategorieë