Jy kan R10 000 wen in ons nuwe rugbykompetisie

Jy kan R10 000 wen in ons nuwe rugbykompetisie


Twee RSG-luisteraars het in April al elkeen R10 000 gewen in ons nuwe rugby kodewoord-kompetisie. En die tweede wenner se storie het met ‘n onverwagse kinkel in die kabel geëindig. Die storie loop só:

Johannes het die R10 000 op 18 April gewen, en hy was op lug. Daarna het ‘n Fritz gebel want dis sy verjaardag, en hy is dankbaar vir nog ‘n goeie jaar, het die storie gehoor van Johannes van Porterville, wat die R10 000 gewen het, en hy wat Fritz is, wil R5000 so op sy verjaardag vir Johannes gee. Amore het toe vir albei op die lyn gekry…..goedvoel-oomblik.

Luister hoe Amore vir Johannes vertel dat hy R10 000 gewen het:

Só is die oomblik toe Fritz die goeie nuus aan Johannes meedeel, vasgevang:

Die volgende kompetisie is Saterdag 7 Mei 15:00 – Sharks teen Hurricanes, wanneer daar were ‘n kode-woord gedurende die kommentaar op RSG gegee gaan word en iemand weer R10 000 kan wen.

Só werk die kompetisie
Screen Shot 2016-04-07 at 5.05.41 PMRSG bied jou ‘n nuwe, opwindende Rugby kodewoord kompetisie om aan deel te neem. Dis in samewerking met die Attooh Groep van maatskappye, ‘n finansiële dienste maatskappy.

Staan ‘n kans om R10 000  te WEN tydens sekere Superrugbywedstryde. ‘n Kodewoord sal in die eerste helfte, en weer in die 2de helfte van ‘n spesifieke superrugbywedstryd deur RSG se rugbykommentator  gegee word… en al wat jy moet doen is om die kodewoord voor die einde van die wedstryd te sms na 34024 en jy staan ‘n kans om R10000 te wen. Onthou, elke sms kos R1.00

Staan ‘n kans om R10 000 per wedstryd te wen tydens die volgende Superrugbywedstryde:

1. Saterdag 9 April 17:05 – Sharks teen Lions (afgehandel)
2. Saterdag 16 April 19:00 – Lions teen Stormers (afgehandel)
3. Saterdag 7 Mei 15:00 – Sharks teen Hurricanes
4. Saterdag 14 Mei 17:05 – Cheetahs teen Kings
5. Saterdag 21 Mei 19:10 – Bulls teen Stormers

Die kompetisie word aangebied met die samewerking van die Attooh Groep, ‘n finansiële diensteverskaffer.

Die kommentator sal tydens die wedstryd ‘n kodewoord gee, en al wat jy moet doen om vir die prys in aanmerking te kom, is om die woord voor die einde van die wedstryd na 34024 te SMS. Elke SMS kos R1.00.

Luister dan elke Maandag na afloop van die wedstryd, na Tjailatyd op RSG, waar die wenner op die lug aangekondig sal word.

Hier is die eerste wenner

Die 11 April wenner:

Onthou om Saterdag, 7 Mei se Superrugby wedstryd op RSG te luister!