Om te parkour…wat’s dit?


FB_IMG_1431036507030Het jy al mense van gebou tot gebou sien spring, hardloop, klim en swaai sonder enige toerusting? Hulle beoefen parkour (dit word par-koer uitgespreek), ‘n aktiwiteit wat wêreldwyd aan die toeneem is. Martin Headger het Hanno Brink by ‘n parkour-oefensessie in Sandton gevra of parkour ‘n sport is…

Maak seker dat jy vandag om 14:00 na die uitsending oor parkour luister. Maar hier is solank agtergrond-inigting.

(As jy dit misgeloop het, luister hier na die klankgreep.)

Die woord parkour is Frans en beteken die pad of die weg. Dit word ook ‘freerunning’ of vryhardloop genoem. Dit is oorspronklik as ‘n oefenprogram vir die Franse spesiale magte ontwikkel, en het in die laat jare tagtig onder die publiek gewild geword. Iemand wat die sport beoefen, word ‘n traceur of traceuse genoem. Om meer oor hierdie sport uit te vind, gaan na concretefoundation.co.za.

Hoe werk Parkour? Kyk na die video waar Hanno meer oor parkour verduidelik.

Hier is ‘n paar foto’s.

Hoe kom hy daarbo?

Hoe kom hy daarbo?

IMG_140249384251494

Wie wil regop loop as jy bollemakiesie kan slaan?

FB_IMG_1431036971981

Só lyk ‘n parkour oefenterrein

Só lyk ‘n parkour oefenterrein

FB_IMG_1431036468183 2