17 medaljes vir ons Paralimpiese span

17 medaljes vir ons Paralimpiese span


Suid-Afrika se Paralimpiese span word intussen môre in die land terug verwag nadat hulle 17 medaljes, waarvan sewe goud is, gewen het. Die handfietsryer, Ernst van Dyk, wat vanjaar die laaste keer aan die spele deelgeneem het, het een van die land se goue medaljes ingepalm. Die uitblinker in vanjaar se span was egter die 14-jarige naelloper, Ntando Mahlango, wat silwer in die T42 200 meter gewen het en daarmee ‘n nuwe Afrika-rekord geslaan het.

Suid-Afrika het 17 medaljes by die Paralimpiese Spele gewen: 7 goud, 6 silwer medalje en 4 brons. Suid-Afrika het 22e op die medalje ranglys geëindig.

Die medaljewenners

1 x Goud: Ernst van Dyk
Ernst van Dyk het ‘n goue medalje in die padfietswedren ingepalm. Hy is verlam in sy bene.

picture-5407

van_3

 

1 x Goud: Reinhardt Hamman
Reinhardt het goud gewen het in die F38 spiesgooi.

reinhardthammani_o7upkm3tbm

1 x Silwer: Jonathan Ntutu
Ntutu het silwer gewen in die T12 100 meter. Hy is gesiggestremd.
maxresdefault

a12cb28296674de38a80f01e7f95ffb7

1 x Goud + 1 x Brons: Dyan Buis
Dyan Buis het goud gewen in die 400m T38. Buis het ook brons gewen het in die T38 verspring. Hy ly aan serebrale verlamming (cerebral palsy).

2012londonparalympicsday7athletics9bslezmqgo4l

1 x Silwer: Anruné Liebenberg
Anruné het Suid-Afrika se negende medalje gewen toe sy tweede gekom het in die 400 m vir vroue (T47). Die 23-jarige Matie se tyd was 58.88. Haar linkerarm is ‘n stompie. Sy is so gebore.

ALpicture-401154

Kyk die video oor Anruné:

1 x Brons: Zanele Situ
Zanele is in ‘n rolstoel en het ‘n brons-medalje in spiesgooi F54 gewen. Dit is Zanele se vierde Paralimpiese medalje en derde vir spiesgooi, en 16 jaar nadat sy haar eerste Paralimpiese medalje gewen het. Sy is op 45 die oudste atleet in die Suid-Afrikaanse span. Sy het op 12 verlam geword nadat sy ‘n TB-infeksie opgedoen het.
zanele-1

1 x Brons: Tyrone Pillay
Die wenner van die sewende medalje is Tyrone Pillay, wat ‘n bronsmedalje gewen het in die gewigstoot F42 met ‘n stoot van 13.91m. Pillay is 36 jaar oud en het sy een been is geamputeer.

Tyrone Pillay

Tyrone Pillay

Tyrone Pillay

Tyrone Pillay

2 x Goud: Charl du Toit
Du Toit het die T37-wedloop in 11.45 sekondes gewen nadat hy in sy uitdunrondte sy eie wêreldrekord wat hy vroeër vanjaar in Switserland opgestel het, met 0,01 sekondes verbeter het tot 11,42 sekondes. Hy het ook goud gewen in die 400m T37.

Charl du Toit

Charl du Toit

Charl du Toit

Charl du Toit

1 x Brons: Fanie van der Van der Merwe
Van der Merwe was in dieselfde wedloop derde.

Fanie van der Merwe

Fanie van der Merwe

2 x Silwer: Ise Hayes
Hayes was tweede in die 100m en 400 m T13. Ilse ly aan Stargardt se siekte wat sentrale visie in die oog aantas. Sy is gesiggestrem.

Ilse hayes

Ilse Hayes

Ilse Hayes

Ilse hayes2

Brons: Ntando Mahlanguna
Die 14-jarige Ntando het sy medalje in t42-wedloop in die 200 meter verdien.

Ntando. Foto: WESSEL OOSTHUIZEN / SASPA

Ntando. Foto: WESSEL OOSTHUIZEN / SASPA

ntando

Goud en Silwer: Hilton Langenhoven
Die gesiggestremde atleet Hilton Langenhoven (33) het Suid-Afrika se tweede goue medalje op die Paralimpiese Spele in Rio gewen. Hy het die verspring (T12) met ‘n afstand van 7.07m gewen, ‘n dag nadat hy die teleurstelling van ‘n diskwalifikasie in die gunstelingnommer die 400m, moes verwerk.

Hy het die silwer-medalje in die 200m T12 gewen.

Langenhoven, van Somerset-Wes, voeg die goue en silwer medaljes nou by sy vier ander Paralimpiese medaljes – drie goud en een silwer.

hilton-langenhoven

hiltonlangenhoven

 

Goud: Kevin Paul

homegrownDie swemmer Kevin Paul (25) het Suid-Afrika se eerste medalje by die Paralimpiese Spele in Rio losgeslaan.

Paul het die 100 meter borsslag in die SB9 kategorie gewen om die goue medalje in te palm.

Hy het agt jaar gelede as 17-jarige by die Olimpiese Spele in Beijing ook ‘n goue medalje gewen, en het vier jaar gelede in Londen die silwer medalje gewen.

Paul sê hy is trots op sy prestasie.

Kevin Paul het ‘n disfunksionele linkerarm. Hy het aan Grey Kollege in PE gematrikuleer en studeer tans regte aan die Nelson Mandela Metropool Universiteit tussendeur sy swemloopbaan.

Foto met medalje: Nutriteck

KP

Rio 2016 : Kevin Paul reclaims gold in 100 breaststroke

Lees meer oor Kevin:

http://sportelizabeth.co.za/wp2014/may-2015-kevin-paul/

http://www.iol.co.za/olympics-rio-2016/paralympics-kevin-paul-wins-gold-for-sa-2066107

Lees meer paralimpiese klassifikasies:

https://en.wikipedia.org/wiki/Para-swimming_classification

Kategorieë