Pieter van den Berg vier 23 jaar agter sportmikrofoon


pieter foto agter mikrofoon 2RSG se veelsydige sportkommentator Pieter van den Berg vier vandeesmaand 23 jaar agter die sportmikrofoon.

[Agter die skerms: Sien hoe RSG se rugbykommentator, Pieter van den Berg, en ontleder Jody Hendricks voorberei vir ‘n Rugbywêreldbekerwedstryd, en hoe en waar hulle dit uitsaai. Dis baie insiggewend!

Luister ook hier hoe Pieter die SA-roeispan se gouemedalje-poging by die Olimpiese Spele in Londen beskryf het. Hou net jou hart vas.]

 

Hy het as sportaanbieder…

  • wit polistrien op sy skouers gegooi en op nasionale TV gesê dit sneeu in Jhb… selfs TV-nuus het met kameras uitgehardloop en mense het van Tzaneen af gery om te kyk…
  • Sy karsleutel op ‘n sjampanjebottel-prop op TV na die Wêreldbeker Rugby-eindstryd afgebreek…
  • Hy het selfs die inleiding vir ‘n sport insetsel agteruit gelees…
  • Vir Martin Lock sy mede aanbieder met ‘n speelgoed klapperpistool op TV geskiet nadat FAST GUN die July perdewedren gewen het..

Op ‘n meer ernstige noot…

Pieter het in 1983 sy eerste Radio Sportprogram aangebied en ‘n jaar later ook begin met TV4 Sport, asook Teletien saam met Janie du Plessis… Daarna het Topsport vir 10 jaar gevolg van 1987 tot 1997…

In 2009 het Pieter weer agter RSG se sportmikrofoon ingeskuif. Sy hoogtepunt was die Londen Olimpiese Spele en hy het reeds kommentaar oor meer as 20 sportsoorte gelewer…

Pieter is steeds lewenslustig asook ondeund en as jy na sy besige program kyk is dit duidelik…

  • Hy is die organiseerder van RSG se Sportafdeling en Uitvoerende Regisseur by SABC Sport
  • Doen elke weeksoggend RSG sport op Monitor
  • En dan is daar Rugby en Gholfuitsendings asook Multi Sport geleenthede soos die Olimpiese Spele
  • HY is steeds entrepreneur met verskeie sakebelange en het ook verlede jaar sy eerste boek uitgegee: Sport vir die Siel
  • En hy speel gereeld nog gholf en is 4 dae ‘n week in die gymnasium…

Pieter is getroud met Madeleen wat haar eie finansiële dienste makelary bedryf. Hulle gesin toer gereeld en is baie lief vir die bootlewe!

Pieter van den Berg en sy vrou Madeleen

Pieter van den Berg en sy vrou Madeleen