Welkom terug aan ons Olimpiese span, voorspoed aan ons Paralimpiese span


Voorspoed aan ons Paralimpiese atlete

Ons wens ons Paralimpiese span (foto links) voorspoed toe vir die Paralimpiese Spele wat van 7  tot 18 September in Rio.  Alles van die beste. Julle het reeds bewys hoe baie deursettingsvermoë julle het.

arnu-fourieDié span sluit vorige medaljewenners soos Arnu Fourie (foto regs), Ernst van Dyk en Hilton Langenhoven in. Hier is meer inligting oor die span.

 

Olimpiese span terug van Rio

‘n Groot skare mense het vandeesweek die Suid-Afrikaanse Olimpiese span in Johannesburg terug verwelkom. Suid-Afrika het wenners van 10 medaljes – twee goue, ses silwer en twee brons medalje – opgelewer. Baie geluk aan almal!

Screen Shot 2016-08-23 at 12.38.17 PM

Met die medaljes is: (agter, van links na regs) Chad le Clos (derde van links), Caster Semenya, Shawn Keeling en Lawrence Brittain. Voor met hul medaljes is Henri Schoeman (tweede van links), Cameron van der Burgh, Vuyo Manyonga. Sunette Viljoen en Wayde van Niekerk is nie by nie. Foto: Wim Pretorius, Sport24.

Kyk onder wie is al die medaljewenners en enkele feite oor hul deursettingsvermoë

  1. Caster Semenya het Sondagoggend Suid-Afrikaanse tyd ‘n goue medalje in die 800m vir vroue gewen. Ons weet almal deur watter emosionele dramas sy moes stoei, maar sy het haar nie laat onderkry nie.
    Caster2
  2. Spiesgooier Sunette Viljoen het silwer in haar sakkie. Sy het uiteindelik die langverwagte maar ontwykende Olimpiese medalje gewen.
    Sunette_Viljoen
    sunette2
    Sunette3
  3. En toe doen rooikop Henri Schoeman dit in die moordende driekamp. Hy het die brons medalje gewen. Sy landgenoot Richard Murray was vierde.
    HSSchoeman

    Henri+Schoeman+18+August+2016
    henri3
  4. Die ander goue medaljewenner is Wayde van Niekerk, wat die 17-jaarlange wêreldrekord in die 400m verpletter het toe hy van die onbenydingswaardige buitebaan die wedloop gewen het. Sy tyd was ‘n verbysterende 43,03s. Lees meer oor Wayde se ongelooflike wedloop.
    wayde-van-niekerk-cropped_m4mz9vwij83l1xgn0r3fo4svf
  5. Swemmer Chad le Clos het twee silwer medaljes verower – in die mans 100m vlinderslag en die 200m vryslag. Beide sy ma en pa het kanker.
    Chad
  6. Swemmer Cameron van der Burgh wen ‘n silwer medalje in die 100m borsslag vir mans.
    Cameron-van-der-Burgh
  7. Verspringer Luvo Manyonga, wat Tikverslawing oorkom het. Hy het met ‘n sprong van 8.37 tweede geëindig – slegs 1 cm korter as die wenner se sprong. Luvo was ‘n belowende junior atleet wat aan Tik verslaaf geraak het, maar 2 jaar gelede uiteindelik die verslawing oorkom het toe hy uit die Paarl na die Universiteit van Pretoria se hoë prestasie eenheid geneem is.
    Luvo
  8. Die roeiers Lawrence Brittain (links) en Shaun Keeling het silwer gewen in die coxless pair roei. Lawrence het twee jaar gelede weer begin roei nadat hy Hodgkin se siekte, ‘n soort limfklierkanker oorwin het. Hy het na reekse chemoterapie weer begin roei.
    Keeling_Brittain
  9. Die Suid-Afrikaanse Sewes span het die brons medalje gewen in die Sewes rugby kompetisie.
    RIO DE JANEIRO, BRAZIL - AUGUST 11: Springbok Sevens players during the medal ceremony of the Sevens Rugby at the Olympics at Deodoro Stadium on August 11, 2016 in Rio de Janeiro, Brazil. (Photo by Wessel Oosthuizen/Gallo Images)

    RIO DE JANEIRO, BRAZIL – AUGUST 11: Springbok Sevens players during the medal ceremony of the Sevens Rugby at the Olympics at Deodoro Stadium on August 11, 2016 in Rio de Janeiro, Brazil. (Photo by Wessel Oosthuizen/Gallo Images)

Kategorieë