Springbok-span teen Samoa – wat dink julle?


Hoe vinnig verander mense se menings nie?: Vóór die wedstryd teen Japan het meeste RSG-luisteraars gedink ons gaan die Wêreldbeker wen. Die ander het gedink ons  óf uitval in die kwarteindstryd óf in die halfeindstryd.  Sowat 81% mense het gedink ons het die regte span met Jesse Kriel en Lood de Jager as die mees onderskatte spelers.

Ná Saterdag se nederlaag teen Japan het 8% geen hoop – en 68% is bekommerd oor die Bokke se vooruitsigte. Gelukkig is daar 24% wat steeds voel dat hulle steeds die Bokke ondersteun, kom wat wil.  Altesame 84% van luisteraars reken ons moet die span verander met Damian de Allende, Fourie du Preez, Eben Etzatbeth, Willie le Roux en Siya Kolisi die gewildste veranderinge.

Dit lyk asof die keurders darem geluister het met hulle aankondiging van die span vir Saterdag:

15 Willie le Roux, 14 JP Pietersen, 13 Jean de Villiers (captain), 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Handre Pollard, 9 Fourie du Preez, 8 Duane Vermeulen, 7 Schalk Burger, 6 Francois Louw, 5 Victor Matfield, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Beast Mtawarira

Reserwes: 16 Schalk Brits, 17 Trevor Nyakane, 18 Frans Malherbe, 19 Lood de Jager, 20 Siya Kolisi, 21 Ruan Pienaar, 22 Pat Lambie, 23 Jesse Kriel

Die Samoaanse span vir Saterdag lyk as volg:

15 Tim Nanai-Williams, 14 Ken Pisi, 13 Paul Perez, 12 Ray Lee-Lo, 11 Alesana Tuilagi, 10 Mike Stanley, 9 Kahn Fotuali’i, 8 Ofisa Treviranus (captain), 7 Jack Lam, 6 TJ Ioane, 5 Iosefa Tekori, 4 Teofilo Paulo, 3 Anthony Perenise, 2 Motu Matu’u, 1 Sakaria Taulafo

Reserwes: 16 Ole Avei, 17 Viliamu Afatia, 18 Census Johnston, 19 Faifili Levave, 20 Vavae Tuilagi, 21 Vavao Afemai, 22 Tusi Pisi, 23 George Pisi

Oudergewoonte wil ons weet wat dink julle van die span se kanse vir Saterdag teen Samoa? Voltooi ons vraelys en WEN ‘n luukse geskenkpak met komplimente van die spog wynlandgoed Allesverloren.

Wen met allesverloren