Van rusbank tot fietsfiks – Week 6


TNPblog-263Die akteur en avonturier Ivan Zimmerman (foto links) het Ettienne Ludick op lug uitgedaag om aan ‘n groot fietstoer op 20 November in Johannesburg deel te neem. Om dit reg te kry moet Ettienne van rusbankfiks tot fietsfiks vorder binne 16 weke…

En terwyl jy hier lees, waarom spring jy nie self van die rusbank af nie? As jy ook wil deelneem aan die fietstoer, klik hier vir meer inligting oor die fietstoer: http://www.cyclechallenge.co.za/

Op 13 November is daar twee bergfiets-uitdagings van 25 km en 55 km in Johannesburg.

Op 4 Desember is die 97km Stellenbosch fietstoer tussen Stellenbosch en Paarl. Lees hier meer oor dié fietstoer: http://stellenboschcycletour.co.za/more-info/

Screen Shot 2016-08-19 at 11.28.56 AM

Die Johannesburg fietstoer

13796_Route_Map-page-0011final-714x1024

Die Stellenbosch fietstoer

Oefenprogramme – Hier’s hulp
Hier is voorbeelde van fietsry-oefenprgramme om jou voor te berei en fiks te maak vir die 90+ fietstoer.

Jy kan natuurlik baie programme aanlyn bekom, aankoop en aflaai.

Hier is riglyne oor hoe beginners kan oefen, van die tydskrif Bicycling.

Britse Fietsryverening se oefenprogram vir beginners: week 1 – 4

Oorsig van die Britse Fietsryvereniging se 12-week oefenpropgram

Eerste 8 weke van ‘n oefenplan

Nog ‘n oefenplan week 1 -4

Oefenplan Week 5 – 8

Episodes
Episode 4: Jy moet jouself sielkundig voorberei vir ‘n wedren van 90 km, veral as jy ‘n beginner is. Hiervoor klop Ettienne Ludick aan dr. Jannie Putter, die sportsielkundige van Lionsrugby. Die sportsielkundige gee insiggewende en waardevolle inligting.

 

In die eerste drie episodes word gekyk na basiese inligting oor die regte fiets, die regte klere, en ‘n fietsbril.

Episode 1: Die eerste tree na die uiteindelike doel is om ‘n fiets te kry. Deesdae stap jy nie net in en koop ‘n fiets nie, die fiets word volgens jou spesifikasies aangepas vir die beste rit. Ettienne het by Cycle Lab Fourways, Johannesburg, ‘n draai gemaak.

Episode 2: Met die regte fiets, is die volgende stap om die regte klere en valhelm te kry. Dit is nie net sodat jy goed lyk nie, maar ook voldoende beskerm word. Ettienne Ludick gesels met David Maree van Team Telkom by Cycle Lab Fourways oor die regte kleredrag.

Episode 3: Fietsryers se oë moet beskerm word, nie net teen wind nie, maar ook teen die son en elemente. Ettienne Ludick maak ‘n draai by Eyetek in Weltevredenpark en gesels met die verteenwoordiger van Maui Jim, ‘n taliaans Hawaiise ontwerpte bril met spesiale tegnologie en lense.

Van episode 5 gaan dit meer oor die oefeninge en die oefenplanne

Episode 5: Die fiets is opgestel, die klere pas, die valhelm is gekies – so wat gebeur nou? Ettienne gesels met David Maree van Span Telkom oor wat hy nou moet doen ten opsigte van oefening en om aan die gang te kom.

 

Episode 6: Dit belangrik om te verstaan hoe jy moet oefen, veral in fietsry… Hoe maak mens sin van oefenterme en wat jy van die oefeninge moet verstaan? Cycle Lab het insig in hierdie verband verskaf.

Episode 7 – Ses weke later. Ettienne Ludick is reeds ses weke aan die oefen. Hoe lyk sy statistiek en wat verstaan hy van sy fiets?