Springbok-kaptein: laat weet wat julle dink


Springbok-kaptein Jean de Villiers moes aan die Wêreldbeker onttrek weens ‘n kaakbesering, het besluit om ook sy uittrede van toetsrugby aan te kondig. Na 109 wedstryde oor 13 jaar vir die Springbokke waarin hy 27 drieë gedruk het (en nog vele gemaak het) verlaat iemand – wat afrigter Heyneke Meyer beskryf as ‘n ware ambassadeur vir SA en iemand wat die land op trots kan wees – die internasionale arena. Opinies oor de Villiers was die afgelope tyd uiteenlopend, maar hopelik noudat die stof gaan lê het kan mense die waarde van dié speler in oenskou neem.

Laat weet ons wat julle dink van de Villiers asook wie hom moet vervang as Springbok kaptein?

 

Kategorieë