Wat het van Nadia Comăneci geword?

Wat het van Nadia Comăneci geword?


Wie sal die eerste perfekte 10 deur ‘n gimnas by ‘n Olimpiese Spele vergeet. Die 14-jarige Nadia Comăneci van Roemenïe het in 1976 by die Olimpiese Spele in Montreal die wêreld se verbeelding aangegryp.

In 1976

wpid-nadiacomaneci_450x300 5e4d822764788f84aae9dce65dcbe4c3 nadiacomaneci2 nadia_comaneci_3

112375-1_Nadia_Comaneci_first_perfect_10_score

Dit is vanjaar 40 jaar later. Nadia is nou 54 jaar oud. Waar is sy en wat doen sy?

Nadia Comaneci het na ‘n aantal ongelukkige jare na haar deelname in Montreal en waartydens streng dopgehou is in Sowjet Roemenïe nadat haar destydse afrigter na Amerika oorgeloop het , in 1989 uit Roemenïe gedefekteer en het haar in Montreal Kanada gevestig. Sy is later op uitnodiging van die Amerikaanse gimnas Bart Connor na Oklahoma. Hulle is in 1996 getroud en hul seun Dylan is in 2006 gebore.

Ons het ‘n paar foto’s uitgesoek om te wys hoe sy nou lyk en wat sy doen.

homepanelbartnad

05060805389627127

nadia-comaneci-cc-210224413

article-2711049-2027CB8900000578-63_634x511

homecadillac

sport-Nadia_2

Comaneci se boek Letters to a Young Gymnast is in 2003 gepubliseer. Sy is by ‘n magdom liefdadigheidsorganisasies betrokke. In 1999 was sy die eerste atleet wat genooi was om die Verenigde Nasies toe te spreek. Sy dien tans op die Raad van Direkteure vir die Spesiale Olimpiese Spele en is vise-president van die Raad van Direkteure  van die Spierdistrofieverening. Sy het ook self die bou en bestuur van die Nadia Comăneci Kinderkliniek in Boekarest befonds. Die kliniek verskaf laekoste en gratis mediese en maatskaplike dienste aan Roemeense kinders. In 2003 het die Roemeense regering haar aangestel as ‘n ere konsulgeneraal van Roemenïe in die VSA om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te bevorder.

Comăneci is die ere-president van die Roemeense Gimnastiek Federasie, om maar een van die talle posisies wat sy beklee, te noem.

Sy en haar man besit die Bart Conner Gymnastics Academy, the Perfect 10 Production Company en verskeie sportwinkels. Hulle is ook die redakteurs van die International Gymnast magazine. Comăneci en Conner verskaf gereeld televisiekommentaar op gimnastiek-byeenkomste soos die 2005 Wêreldkampioenskap in Melbourne en die 2008 Olimpiese Spele in Beijing.

Comaneci en haar man tree in die VSA en reg oor die wêreld op as motiveringsprekers.

nadia02

article-1044249-0242F29400000578-519_468x667

10

882667

nadia-comaneci-north

article-2711049-2027CB0200000578-56_306x382

Vir meer inligting, besoek https://en.wikipedia.org/wiki/Nadia_Com%C4%83neci.

 

Kategorieë