Toekomsnuus – vlieënde pynappels?


Toekomsnuus gee jou ‘n idee van hoe die wêreld gaan verander in die volgende dekade.

Van aanlyn kruidenierswarewinkels wat aandui watter kos voordelig – of skadelik – is vir jou persoonlike DNS profiel, tot klante wat boos is oor verlore bestellings omdat koeriermaatskappye se aflewering hommeltuie uit die lug uit geskiet word deur privaat maatskappye se veiligheidstoerusting.

Hier is die eerste program: Woensdag 11 April 2018

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms.

Dit is 9 Februarie 2021, en ons kyk hoe privaat maatskappye se anti vlieënde-pynappel tegnologie ‘n doring in die vlees geword het vir die wêreld se grootste aanlynwinkel.

Meer oor Toekomsnuus

Die inhoud van Toekomsnuus word geskryf deur bekende internasionale toekomskundiges en is gebasseer op tendense en patrone wat hulle waarneem in sosiale, tegnologiese, ekonomiese en politieke gebeure.

Juanita Vorster

Juanita Vorster

Pieter Geldenhuys

Die program word aangebied deur Pieter Geldenhuys, ‘n toekomskundige, en Juanita Vorster, ‘n veranderingskundige.

Skakel vanaf 11 April 2018 elke Woensdag teen 12:45 in om te hoor wat lë vir ons as verbruikers voor in die toekoms.