Nuusbrief 31 Mei: Magdaleen sê


Magdaleen Kruger

Ek voel reeds hier in Mei om uit te roep stop die aarde, ek wil bietjie afklim om asem te skep. Maar ek wil darem weer opklim, want daar is opwindende dinge wat nog voorlê by RSG.

Weer ‘n RSG Kunstefees op lug?

Ons het begin gesels oor die moontlikheid van RSG Skatkis 2 of RSG Kunstefees 4 op lug later die jaar, afhangende van die geld tot ons beskikking. Van geld gepraat; RSG het sommer hier vroeg in die finansiële jaar al die inkomste-teiken vir April en Mei met ‘n paar miljoen rand oortref.

Ons webwerf en app

Die meeste van julle besoek die webwerf om na RSG te luister, die tweede meeste om potgooie af te laai en die artikels in Top Stories en die roterende blok te lees, dan dié wat die nuus wil lees, gevolg deur die resepte op die gewildheidsleer en ooggetuie-besoeke.

Haidee

Navrae oor Haidee en Fritz

Ek kry baie navrae oor wanneer Haidee Muller se baba arriveer en wat van Fritz Klaaste geword het. Wel, hier is Haidee, dit gaan goed met haar, klein Maddy gesels al saam, Haidee is letterlik te groot vir haar skoene, maar niks blus haar entoesiasme om stories te gaan opneem vir uitsaai nie. Sodra baba Maddy haar opwagting gemaak het, hier vroeg in Augustus, sal Haidee en Harry haar eerste wys vir RSG se nuusbriefintekenaars. Maak dus seker jy is ingeteken op RSG se nuusbrief.

Haidee se geswelde voete

Fritz herstel van ‘n rugprosedure.