Tuinroete kry sy eie Camino


Die Tuinroete het sy eie Camino-staproete gekry. Dis geskoei op die Camino de Compostela-staproete in die noorde van Spanje wat jaarliks groot getalle besoekers van regoor die wêreld lok.

Die Tuinroete Camino is ‘n sustersroete van die gewilde Pelgrimstog vir Hoop wat in die Stellenbosch- en Overberg-omgewing bestaan.

Die eerste groep stappers op die Tuinroete se Camino het in die week van 14 Junie informeel gestap en die tweede formele groep het op Vrydag, 25 Junie, in Uniondale begin en het op 2 Julie, ‘n draai by die ou tolhuis onderweg na die St. Blaise-vuurtoring in Mosselbaai gemaak.

Ds. Gert Nothnagel, leraar van die NGK Herold-gemeente het vir Haidee meer vertel. Sy het ook met ds Frederick Marais van Stellenbosch en die skrywer en TV-aanbieder Erns Grundling gesels.

KONTAK: gardenroutewalk@gmail.com
0828295407
Gert Nothnagel

Vlnr: Le Roux Schoeman, Frederick Marais, Petrus Carstens, Philip Herholdt en Erns Grundling.

Die groep stap langs die see by Reebok, Mosselbaai

Ds Frederick Marais en ds Gert Nothnagel