20’s die beste jare van jou lewe


Meeste mense dink terug heimwee na hul jonger jare. Toe mens nog footloose and fancy free was.

Navorsing aan die Universiteit van Wes-Australië het die nosie beaam. Van jou laat-tienerjare tot 25 is jy op jou gelukkigste. Daarna daal jou lewensgeluk en plat af tot jy ongeveer 75 tref – en jy meer vergenoegd begin voel.  Die piek is rondom 80. ‘En dis iets om na uit te sien’, sê die navorser Dr. Ioana Ramia.

Paartjies is op hulle gelukkigste tot net voor die geboorte van hul eerste kind, waarna die water bietjie rof raak, totdat die kind skool toe gaan.

Van jou middel-30s raak jy besorg oor jou gesondheid en fisieke kragte (mense gaan sluit aan by die gimnasium om die verwoesting van tyd te stuit). Redes hoekom die middeljare so onplesierig is, is gewoon geldelike bekommernis en werksgeleenthede. Maar hoe ouer jy raak, hoe meer belangrik word jou woonplek en jou gemeenskap.

Dr. Ramia erken dat dit moeilik is om ‘n definisie van ‘tevredenheid’ in die eer ste plek vas te pen en dat nog navorsing nodig is om die piekperiodes van geluk te verstaan.

Dat geld nie vir jou geluk gaan koop nie, is ‘n universele waarheid (hoewel ek dit eers sou wou probeer voor ek dit afskiet). En mens moenie jou emmerlys laat oorstaan tot jy 75 is nie. Valskermspring of rekspronge en osteoporose en valstande is nie goeie bedmaats nie.