Die chemie van ‘n ui: van traan-oë tot smaak


Het jy geweet ‘n ui skei sekere chemiese stowwe as jy dit sny, en ander stowwe as jy dit gaarmaak?

Een van die wetenskaplikes op die paneel van Hoe verklaar jy dit? verduidelik presies watter chemiese veranderinge in ‘n ui plaasvind tydens die opsny- en gaarmaakproses en verduidelik of daar iets is wat jy kan doen sodat jou oë nie traan nie?

Die ander vrae wat in die program bespreek word, is:

1. Wat kan ‘n mens doen om voëls na jou tuin te lok?

2. Hoe werk ‘n induksiestoof, en kan ‘n mens slegs magnetiese kookgerei daarop gebruik?