Ons 2e RAPS VOOR MIDDERNAG CD


CD Booklet

Tot vandag nog kry ons gereeld navrae oor die Raps voor Middernag CD wat Fonnie du Plooy vir ons verlede jaar saamgestel het. Op sterk aandrang van luisteraars is daar nou Raps voor Middernag volume 2. Dis pas bekendgestel en behoort al in die winkels te wees.   As jy dit nie daar sien nie, vra vir die winkelassistent daarvoor.   Fonnie du Plooy sê in die CD-omslag dat hy hoop dat julle met hierdie volume 2 weer sal dink aan die heerlike laataande wat hy saam met julle gekuier het hier op RSG. Van die liedjies op Raps voor Middernag volume 2 is Jamaican Farewell, Jim Reeves met You’re the only good thing, Carike Keuzenkamp met Kaalvoet in die Reen, Rina Hugo met Troepie Doepie en Steve Hofmeyr met Cry to Me.

RAPS VOOR MIDDERNAG VOLUME 2 is nou beskikbaar, gaan koop dit vir jou. Dit word uitgegee deur Universal Music.

Raps voor middernag vol2 – CD snitte

Raps voor middernag vol2 – CD Boekie