RSG en Beeld span vanjaar weer saam om kinders te help

RSG en Beeld Kinderfonds werk vanjaar weer saam om kinders in nood te help. Vanjaar is daar groot pryse wat gewen kan word, wanneer jy ‘n bydrae maak om die RSG/Beeld Kinderfonds te ondersteun. Die geld wat ingesamel word, word gebruik om projekte wat welsynsorganisasies aanbied, te befonds en fokus op die beskerming en ontwikkeling van kinders in nood.

Verlede jaar is meer as R900,000 met die motorkompetisie ingesamel.

Vanjaar se groot prys is ‘n Peugeot 208 Vti 1.0 motor wat gewen kan word. Daar is ook ‘n Mauritius-vakansie, skeepsvaarte en kontantpryse wat gewen kan word. Jou donasie van R30 kan ‘n bydra maak om ‘n kind in nood te help – en jy staan boonop die kans om ‘n prys te wen. SMS slegs die woord KINDERS na 41511 en jy word outomaties ingeskryf. Meer inligting is beskikbaar op Beeld Kinderfonds se Facebook blad of gaan na www.beeldkinderfonds.co.za

Van links na regs:  Francis Harnie (besturende direkteur Peugeot SA), Stiefa Strydoen (wenner), Amore Bekker (omroeper RSG), Liezel de Lange (adjunk-redakteur Beeld), Magdaleen Kruger (stasiebestuurder RSG).