5 RSG-boeke en CDs nou op die rak


Kyk, daar was darem vir jou die afgelope tyd ‘n goeie skoot boeke en selfs ‘n nuwe CD wat voortgevloei het uit van RSG se gewildste programme.

Hier is meer besonderhede van alles en ook foto’s van die boekomslae.   Gaan koop gerus vir jou hiervan by jou naaste boekwinkel.

1

Die boek Hoe verklaar jy dit? was selfs vir twee weke die 2de beste verkoper van alle boekverkope in Suid-Afrika en 1 week die heel beste verkoper. Ek moet sê, as ‘n mens eers begin lees aan die interessante vrae en antwoorde oor die natuur en omgewing waarin ons lewe, is dit moelik om die boek neer te sit.

2

Die Vat 5 CDs bly ook immergewild. Die 6de volume van hierdie gewilde Saterdagoggend-insetsel in Brekfis met Derrich, het ook pas verskyn. As jy dus ‘n Vat 5-verslaafde is, het jy waarskynlik reeds die ander en sal jy hierdie een ook wil aanskaf, dink ek?

3

Fiks vir die Lewe is nog ‘n boek wat verskyn het en nou op die rakke is. Dit bevat van die inligting waaroor daar Sondagaande op RSG se program Fiks vir die Lewe gepraat is.

4

Vir die wat lus is vir so ‘n bietjie humor en die ligte kant van die gereg, is daar RSG en Ian Wessels se boek edeLAGbare, ook nou beskikbaar in winkels.

5

Die ander boek wat verskyn het, is God se Beste vir My, ‘n versameling van oordenkings wat op RSG uitgesaai is.