6 ATKV-mediaveertjies vir 5 RSG-omroepers


Vyf RSG-aanbieders is op 8 Mei by ‘n glansgeleentheid in Johannesburg met ’n gesogte Mediaveertjie deur die ATKV bekroon. Martelize Brink is met twee veertjies bekroon. Geluk aan almal en dankie vir die goeie werk wat julle deurgaans doen; ek is seker die luisteraars hoor dit ook, skryf stasiebestuurder Magdaleen Kruger.

  • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram: Martelize Brink – Oggend op RSG: Edwin Cameron.
  • Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram: Johan van Lill – RSG Kuns: Ballet 80 jaar.
  • Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram: Izak du Plessis – Monitor: Plaasaanvalle.
  • Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram: Martelize Brink – Oggend op RSG.
  • Beste dokumentêre program of programreeks: Johan Rademan – Robbeneiland: Simbool van demokrasie. Klik hier om na dié dokumentêr te luister.
  • Beste radiodrama of –teater: Margot Luyt – As die donker die son insluk. Klik hier om na die drama te luister.
Agter vlnr:  Johan van Lill, Johan Rademan, Margot Luyt en Izak du Plessis. Voor: van links:  Martelize Brink en Anton Brink.

Agter vlnr: Johan van Lill, Johan Rademan, Margot Luyt en Izak du Plessis.
Voor: van links: Martelize Brink en Anton Brink (nie van RSG).