Agter die skerms met Kurt en Dunay


Baie luisteraars het al baie kere vir Kurt Darren op die verhoog gesien. En foto’s van sy vrou Dunay. Op Lente-oggend het Kurt en Dunay en hulle oulike kleinding Kyrah, by Solms Delta gekuier toe Kurt daar by RSG se  buite-uitsending opgetree het en behoorlik die Delta Soetstemme en gehoor aan die dans gehad het.

Kurt, lank en blond, het gekoer om sy prinsessie, wat baie soos haar bekende pa lyk. Dunay, mooi met haar diep kuiltjie en gemaklik en vriendelik met Kyrah in haar arms, het vertel dat hy ‘n baie betrokke pa is en graag help met die kleinding. Johan Rademan het tydens die uitsending ook ‘n kort onderhoud met Dunay gedoen en sy het soos ‘n ‘pro’ gemaklik uit die vuis gesels.

Kyrah het haar pa se mooi blou oë. Sy trek om haar mond na haar ma, het Dunay op ‘n babafoto gewys. Haar lewendige ogies mis niks en sy volg elke beweging van haar pa en ma terwyl sy aan ‘n speelding knibbel of haar bottel drink.

En ja, sê Dunay, hulle wil graag ‘n boetie of sussie vir Kyrah hê.

Hier is twee informele foto’s wat ons sommer met ‘n selfoon van die bekende paartjie en hul dogtertjie geneem het.

kurt2

kurt3

En hier is ‘n foto wat Dunay geneem het. Die bondeltjie het klaar ‘n persoonlikheid!

En hier is ‘n foto wat Dunay geneem het. Die bondeltjie het klaar ‘n persoonlikheid!

 

Kurt en sy gesin woon die afgelope vyf maande in die Boland op die Val de Vie leefstyl-landgoed tussen Paarl en Franschhoek.

Hy vertrek binnekort saam met die Suid-Afrikaanse rugbyspan na die Wêreldbeker in Engeland.

RSG sê: Geniet dit Kurt, en dankie vir die lekker kuier aan aldrie!